Tilapia

Chuck Norris

Senior Member
Ek is opsoek na n paar Tilapia om in my dam te sit by die huis. Probleem is ek het nognooit een gevang nie en weet nie eers waar nie.

Gee bietjie raad asb. Waar in die Durban omgewing kan mens hulle vang? Inanda dalk? Ek het n Jetski wat ek kan gebruik.

Watse tegniek en aas gebruik mens om hulle aan te keur?

Die dam is om trent 12m in deursnee en redelik diep, hoeveel Tilapia kan ek daarin aanhou, kan ek bass ook aanhou?

Enigge advies sal waardeur word.
 

cheetah13

Sealiner
Hi Chuck

Ek het al gehoor jy moet eers die Talapia of Kurpers vir 'n paar jaar in jou dam he voordat jy bass kan ingooi, anders vreet die bass hulle te vinnig op!

Ek weet mens kan talapia op lure vang maar watter weet ek ongelukkig ook nie. Sal Jozini nie talapia he nie?
 
Top