Tcp

Andre Kruger

New member
Dag se almal, hoop ek sal gou verstaan hoe als werk. Wil net se ons het Sondag van 10:00 tot 15:00 gehengel by Trichardt dam,die wind was sterk en die water vlak is baie lag weens die pompe/kanaal wat aan gewerk word. Ek het verskillende TCP mengsels gemaak en daar was nie veel sukses nie.My hengel afstand so om en by 110 meter het net 1karp opgelewer van so 1.7kg en op om en by 30-60 meter het daar 6 vis uit gekom wat almal so tussen 300g en 500gram. En dit is gevang op die ou boere manier en outydse resepte.
 

Brakkanjan

Senior Member
Beste TCP geur wat ek persoonlik gebruik het is soos my pa hom maak: tcp, regte bloekom-heuning en baie a graad flouro. As jy te veel sterk geure soos TCP, duiwels of knoffel gooi kan jy die vis ook afskrik.
 

bernhardus

New member
naruto

wanneer is die beste tyd om tcp mielies of dip te gebruik ek gister by harties schoemansville gaan try met dit omdat dit so biki gereen het maar niks gevang nie
 

Naruto

Sealiner
bernhardus wrote:
naruto

wanneer is die beste tyd om tcp mielies of dip te gebruik ek gister by harties schoemansville gaan try met dit omdat dit so biki gereen het maar niks gevang nie

Sjoe, ek is nie juis een wat glo in n sekere geur vir sekere onstandighede. Soms raak mens lus vir hot chocolate in die somer of roomys in die winter. TCP is vir my maar nes enige ander dip. Hengel hom gewoonlik saam iets soos strawberry.
 
Top