Strategie vir Dam wat skielik vol is.

Naruto

Sealiner
Ek sou sê dit hang af van die dam en wat jy wil vang en hoe leeg was die dam en watter tyd van die jaar dit is..
 

jorriej

New member
Ja die een naweek toe is die dam 7persnt vol volgende naweek108 persent. Jong afstand is die vraag? Dis Hartebeeskuildam Mosselbaai.
 

Marthin

Sealiner
wat ek wel gesien het is dat die groot karp tot baie vlak water kom. en selfs uitsteek kom vreet die goggas ens tussen die gras.
 

Naruto

Sealiner
Is dit n groot dam? Wat ek daai tyd by Bronkies gesien het was toe die dam 50% vol was het ons lekker gevang. Toe word die dam skielik 100% vol en ons sukkel ons alies af. Dink afstand is die geheim gewees daar. En soos die ouens sê probeer natuurlike aas soos krieke en wurms. Hoop dit help.
 

jorriej

New member
Dankie Naratu ja ek gaan more probeer ons kry mos nie sulke koues nie. More en Sat gaan 21grade wees.Gaan probeer.

 

Waldok

Senior Member
Oeps, ek dink ek het aan die slaap geraak in die helfte van die sin....LOL !!!:fbash

Sien jy het vir Bloem polisie gehengel? Het gehoor hulle is n goeie klub. Hoe lank hengel jy al vir Eden?
 

PI

Senior Member
Ek sal se dat jy vlakkerig kan hengel met ase soos wurms en mielies. Dips: gebruik wat jy altyd gebruik. Baie natuurlike kos sal nou in die dam wees. Die vangste sal miskien ook nie die beste wees nie, maar ek is seker dat hulle nogteeds sal byt.

PI
 
Top