Stompdrif dam

Ek het die naweek deelgeneem aan my eerste liga van die jaar in die S-Kaap, alhoewel hierdie die 2de been was van 4 vir die A-afdeling. Volgende naweek vind die B-afdeling se 2de been plaas.

Maar om terug te kom.

Ons is net 4 klubs in die A-afdeling, met Kango wat 2 spanne ingeskryf het in die A-afdeling. Die res is Visarende, DKD (korrektiewe dienste) en dan my klub Eden. Ek en Emile het in die A-sone gesit met van die beter hengelaars in ons sone.

Ek het vooraf besluit dat ek beide stokke op 100m sou inclip en dat ek heeldag daar sal hengel. Ek het op 2 kombinasies van Vicks - Lootie en Devilsfork - rooi Hasbeen - Dynamite besluit. Ek het na 30min op die Vicks-Lootie toe 'n skaflike karpie gevang, maar die ander stok het bly le.

Na n uur het ek die ander stok maar uitgetrek en Devilsfork - Lootie opgesit. Nog steeds niks op daai stok terwyl ek nog 2 vis op die Vicks-Lootie gekry het.

Het ook Lootie-rooi GP-rooi Hasbeen probeer, maar niks.

Ek het toe maar UK-Lootie gebruik om iets te kry wat die tempo sou verbeter, want ek het 'n vis so elke halfuur gekry en soms het ek glad nie n byt op die Vicks-Lootie gekry nie. Nog steeds het ek niks gekry nie.

Agtermiddag se kant, toe sit ek Banjo saam met die UK en vang toe na 40min 'n undersize karpie en na nog 40min 'n groter karpie. Die tempo was nog steeds te stadig maar ek het nie geweet wat om anders te doen nie. Teen die tyd het die Vicks-Lootie aptyt opgedroog van die visse en moes ek die ander stok toe ook verander. My besluit val op Dynamite-Hasbeen met 'n klein strepie FX bo-oor altwee. Dit was toe reeds 13:40. Vang toe twee vis elkeen tussen 10 en 15 minute uitmekaar uit op die kombinasie. Het ek ook 'n baie klein trek-en-stoot op die kombinasie gekry. Vir die laaste 30min vang ek toe niks verder nie.

Eindig met 8 vis (non-weigher uitgesluit) vir 7,2kg. Ben was 1ste met 16 vis ?kg en Jurie 2de met 7 vis vir 8,8kg. Emile was in 4de met 7 vis en ek en hy deel die sone met DKD.

Punte om te onthou:

·         As die wind op kom, clip uit, loop 10 tree uit en clip weer in. Onthou net om ‘n merk op die lyn te maak met ‘n permanent marker.

·         Hengel verkieslik ligter (M1). Ek kon net 1 vis op die M1,5 vang alhoewel Emile NET met 1,5’s hengel. Toe ek die M1 opsit op die stok wat nie wou produce nie, het ek beter pick ups gekry.

·         Hengel fyn, maar boost/shock die water met ‘n spuit Vicks en nie net n druppeltjie nie.

 
 
Dit is maar vrek stil hier op Sealine met die reports.

Vir die van julle wat hier lees, kom vat die moeite en sit julle trip reports ook op asb :wfish

 

Selfs al het julle net 10 vis gevang vir die dag.
 

Naruto

Sealiner
Ons moet eers weer by die dam kom voor ons kan verslag gee en die petrol prys is deesdae n kwessie...lol!

Dankie vir die verslag! Klink of jul hard werk daar onder om vis te kry. Geluk met die uitslag! Hou so aan!
 
Top