Het Dinsdag bietjie snoek gaan vang by Yzerfontein. Snoek (waar ons was) was seke so 1-1.5myl buite die hawe.
Het lekker 4 uur opgestaan, boot gehak en gewag dat pel van Stellenbos af kom. Het 5uur gery en ander pel by N1 City opgelaai en toe opad Yzerfontein toe. Almal se stories was in die kar was dat hulle so uitsien na die dag en omtrent niks geslaap het nie, ek het so bietjie meer as 'n uur geslaap. Daar aangekom, gou nodige tackle by die huis gekry en gaan aas koop. Die mense vra my wat gaan ek met pilchard vang??? Hulle se ek moet pike vat, maar almal is studente en het skaars genoeg geld om die petrol kostes te dek, nevermind r150 vir 5kg pike. Koop toe maar 5kg pilchard vir r50.
Het seker vir 35minute in die ry gestaan om te launch, toe ons op die water was moes daar besluit word watter kant toe, Dassen, Bontduintjies of die "twintigs". Het 'n commercial gevolg en so 'n myl tot 1,5myl buite hawe geanker, 40m water. See was lekker plat.
Het die lyne, stokke en handlyne, reg gekry. die fishfinder se screen is rooi met aldie vis op 30-35m diep. Tel toe 16 fame af en werk die lood lyne maar niks. Sit later pilchard aan en vas, vas en vas. Die blêrrie goed het skelm gebyt. Die een pel bring so lekker pap stok saam, het gedog die stok gaan breek, maar die lyn het liewers. So het ons maar aangegaan, met bait lines, loodlyne, spinners en als het gewerk. Twee snoeke kom jaag die een man se spinner tot by die oppervlakte toe. Die een man het begin sleg voel en voor in die neus gaan sit en nog niks gevang nie, terwyl ons ander 2 se mombakkies lank al af is. Die pilchard het baie vinnig begin om min te raak en ons moes maar stadig gaan op vars pilchard aan sit en dit in 3 stukke sny en nie 2 of hele enes nie, praat nie eers van chum nie.
Ons het toe 17 gevang en toe besluit om 'n bietjie te trawl met 2 rapalas, 'n rooi en witter, en 'n X-rap 30 Sardine. Die X-rap het soos 'n droom gewerk, belowe, dit in nie langer as 20 sekondes in die water nie en vas. Het een keer double hookup gehad, een is geland en ander verloor. Het altesaam 5 snoeke langs die boot verloor en een het gesorg vir 'n puncture. Baie klein gatjie. Later verloor ek die wit/rooi rapala en daarna 'n ander plug. Vang toe nog 'n paar op die x-rap. Die laaste keer wat ons vas was, het my pel die stok verkeerde kant toe gedraai om uit bracket op skibar te haal en die lyn afgebreek. So asb, as iemand snoeke vang of dood sien, kan ek my rapalas terug kry. Het darm 22 gehad op die ou einde.
Was moerse lekker, al is daar 2 rapalas, 'n plug, 2 spinner verlor en 2 gate in die pontoons (ander een is nog 'n mystery).
Kom terug by hawe, en terwyl ek wag vir sleepwa, praat ek met 'n man wat sê hulle wou gaan geelstert skiet maar het niks gesien nie, en toe maar getrawl vir snoek, en hulle het 4 gekry, 5 rapalas verlor en 'n puncture of twee. Toe voel ek nie meer so sleg nie.
Another hard day in Africa, Eish.