Smile Thru

Stadsjapie

New member
So ja gister is ons bietjie Smile Thru.

Die water is baie laag daar en die visse wou niks weet van kos gister 4 October 2011 nie.

Ons het op die verste punt gesit waar mens nie meer kan ry nie. Ons het banjo, piesang, tjop tjop gebruik met super cast mielie bom. Plain deeg met 'n soetjie. Strawberry deeg, floaties en marsmellows.

Daar was bedrywigheid maar nie so baie nie.

Alles het net so terug gekom en die water was baie koud gewees.

Die oggend was baie koel en in die middag het die son lekker gebraai.

Miskien het ons maar net nie die regte byt goedjies gehad nie maar dit was lekker om weer bietjie uit te kom.

Groete
:::S
 
Top