Roodeplaat

Couta-Cuack

New member
Goeie dag almal,

Ek was gister middag vir die 2de keer Roodeplaat toe en ek het albei kere dieselfde verskynsel gevind.  Ek het so 2h daar aangekom en gehengel op so 100m ek het nie 'n byt of 'n pik of 'n stamp gehad tot 15:30 toe nie maar net daarna kry ek 'n lekker run en vang 'n karpie van so 2kg en hy was skaars terug in die water toe my ander stok ook loop dit het so aangehou tot 17:00 waarin ek 11 karpe gevang het tussen 500g en so 3kg.  Na 17:00 tot 18:15 wat ek opgepak het, het ek weer nie eers 'n pik gekry nie.  

Die vorige keer wat ek daar was, was so maand gelede en presies dieselfde ding het gebeur, dit was net tussen 16:30 en 18:00 wat hulle daardie dag gebyt het.

Nou my vraag is die volgende, hoekom byt die vis so lekker vir daardie periodes en dan glad nie?  Beweeg hulle op verskillende dieptes op verskillende tye?  Voer hulle net vir 'n sekere tyd?  Voer hulle op ander ase op verskillende tye? 

Ek wil net iets anders probeer as ek weer daar is en dit raak stil.

Dankie.
 
Top