Roodeplaat en Rietvlei

pietergoosen

New member
rietvlei is een van my favourite damme. bygese die moelikste ook. enige strawberry aas werk, hetsy floaties, mielies of tigers. gehoor al heuning werk ook goed.

die geheim by rietvlei is, gebruik hoekaas wat tenminste 2 dae of langer kan le, maak voer met sade en mielies, gooi jou stok in en laat hom le, en die belangrikste, jy moet geduld he. daai vis byt baie moeilik, baie natuurlike kos in die dam volgens my mening maak die outjies maar sku vir enige iets wat nie wurm is nie, so jy moet jou aas so aanloklik as moontlik maak
 

Naruto

Sealiner
Check this report. It explaines a lot why I blanked. Very sad.

http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=36723&forum_id=42
 

pietergoosen

New member
hi naruto

 

was die week vir 'n paar dae by hengelaarsvriend by roodeplaat dam. die plek het baie verander vandat ek laaste daar was. het dit regtig geniet die paar dae, net jammer ek kon nie langer bly nie, was alreeds volbespreek vir die paasnaweek.

 

die dam lyk bq sleg deurdat dit baie groen is, glo dis weens die hiasinte wat loop vrek het, maar daar is amper geen hiasinte meer nie, net een of twee wat verbydryf in die oggend met die rivier se stroom.

 

het heerlik visgevang van dinsdagmiddag af tot donderdagoggend wat ons huis toe is. het van maandag oggend tot dinsdagmiddag niks gevang nie, behalwe 'n klein kurpertjie en 'n klein babertjie wat uit neo-natal uit onsnap het, albei op erdwurm. het dinsdagmiddag uit pure frustrasie nadat ek alles in my tacklebox getry het, al die mielies wat ek gemaak het en gegeur het opgesit. het binne 10min my eerste byt gehad op 'n mieliemoetie mielie wat alreeds goed begin gis het en eintlik al in die asblik moes gegooi gewees het. het weer die stok gelaai met dieselfde mielie en weer 'n byt gehad op hom. het toe al my en my vrou se stokke gelaai met die gegiste mieliemoetie mielie, iets waaroor ek nooit spyt was nie. ek het by vere die meeste vis gevang van almal wat langs ons gekamp het

 

al ons karpe is gevang op daai gegiste mieliemoeitie mielie. die sizes het gewissel van kleuterskool tot so onder die twee kilos, dan een van 2,5 en een van oor die 4kilos. ek het ook baie visse verloor, twee het my katrol 'n kraaines gehardloop wat ons met die hand moes intrek word en wat ongelukkig losgekom het deur die proses. die ander wat los gekom het het lekker baklei maar ook losgekom uit die hoek. dink dit was die nuwe kleiner hoeke wat ek probeer het as wat ek normaal weg gebruik. het probeer vang met boilies en tigernuts mar was daar ook onsuksesvol. dink ek moet daai afdeling weer los vir rietvlei.

 

ek sal enigetyd weer roodeplaat toe gaan, hoop net die water kom reg en die groenegeid op die water gaan weg

 

hier is fotos van 'n paar visse, asook my moewiese kurper en barber
 

Naruto

Sealiner
Geluk! Lyk of jul darem jul tyd daar geniet het. Sal onthou van die gegiste mielies.

Dankie vir die terugvoer.
 
Top