Hi Atjie
Hengel by Roodeplaat is soms soos politiek....hys nooit dieselfde ding twee keer in ' ry nie !!
Dis gewoonlik my gunsteling dam vir 'n Winter-sessie. Die groot karpe is redelik traag maar verseker die moeite werd.
Ek verkies 'n naweek trip soontoe, aangesien ek met aankoms redilik aan 'n kol werk voor ek begin.
Soos meeste damme is die aas nooit dieselfde twee keer in 'n ry nie. Ek hengel medium to groot aas in die winter daar. Probeer gerus eers die basiese voor jy allerhande truuks uithaal. Hier is my 5c se raad:
- Mielies, floats en pappies of deeg of 'n kombinasie van dit op die hoeke.
- Begin een stok soet, soos Honeyglo, Caramel, FX, Banjo, Petite Janine ens
- Begin die ander een met Almond, Stuttafords, Cinnamon of Perdeby.
- Vrugte geure soos Dusk and Dawn, Lemon, Bloedbroer ens is soms net die ding
Laat die stokke maar 'n tydjie lê voor jy ruil. Dis winter!!!
Die sloep waar jy inkom is altyd 'n lekker area - die water wat daar inloop is redelik warmer as die res van die dam aangesien dit uit die watersuiwerings aanleg gepomp word. Die vis is soms lekker aktief hier in die koue. Dit kan soms net te besig raak om die sloep - veral naweke. Staan meer links na die Roeiklub as daar redelik mense is.
Die res van die oord is ook bakgat, maar klippe maak sekere spots moeilik met vashaak.
Sterkte en lekker vis!!! Laat weet as jy iets kry.