Roodekoppies

riaanbo

New member
Goeie more,

Wie was onlangs by Roodekoppies (ou NTvl gronde)? Ek wil net weet hoe lyk die toestand van die water daar. Watergras? Hiasinte? Het gehoor die mense het sowat 'n maand gelede baie gesukkel met die watergras.

Is daar nog kragpunte wat werk daar en weet iemand dalk wat is die toegangsgelde deesdae?

Enige hulp sal baie waardeer word.

Groete
 

Unlimited

Sealiner
was desember daar, agv die lang watergras (selfs diep in die dam in ) sal ek nie sommer weer gaan nie. Ons het vir 2 mense so 250 betaal dink ek, dan sluit dit 2 dae se hengel in en n nag
 

riaanbo

New member
Baie dankie vir die inligting.

Ek het gister met die eienaar, Louwtjie, gesels en al die pryse gekry.

R40 pppd
R65 per kamping spot per nag (4 persone)
R35 eenmalig per motor.
 

riaanbo

New member
Hy sê hy was self redelik lanklaas daar so hy is nie 100% seker wat die stand van sake daarmee is nie.

Hulle het wel laas Vrydag 'n helse storm daar gehad wat havoc gesaai het met die elektrisiteit maar Eskom sort dit op hierdie stadium uit.

Ek sal maar net die kans moet vat en dalk 'n paar stroppe gaan skenk as die gras 'n probleem is.
 

Unlimited

Sealiner
okay, kyk dan maar of jy so naby as moontlik aan die badkamers kan sit, daai manne het nie so erg gesukkel met die gras nie, ons het amper heel links gesit
 

riaanbo

New member
Dis die plan. Ek vat skoonpa, sy broer en 1 van hul pelle saam so dis basically ek en die ouetehuis wat gaan en daai manne moet maar naby die ablusieblokke sit...hehehehe

Nou's ek in die moeilikheid!!!!::S
 
Top