Rietvlei strop en tiger nuts

N.VOS

Member
Hi almal

Ek het n jaar terug begin vis vang (conventional) so my vraag is kan ek n tiger nut of n bolie op n rietvlei strop sit of is dit net bedoel vir spesie hengel,is maar nog nuut in die game so jammer as dit n dom vraag is

Het nou al 6 keer probeer (conventional) visvang en het elke keer niks of net een karp gevang. Ek het al die inligting en maniere wat ek op sealine op getel het probeer en nog steeds nie goed gedoen nie.

So dis nou daai tyd dat ek enige iets sal probeer.   
 
MadCarper

Sealiner
Dit sal nie n goeie idee wees nie. Tigernuts en boilies is te hard en al kry jy jou hoek daardeur gedruk sal die bait n obstruksie wees...die hoek sal nie maklik kan ingaan nie want die tigernut of boilie is in die pad.

Die 2 beste aase vir conv. hengel is floaties en soet degies. Ek is ook seker die manne hier kan jou help met n paar tips om meer vis te begin vang?! Kyk ook na die vorige post hier, genaamd "Degies", wat vir jou n paar resepte ens gee. ;)

Sterkte N.Vos en onthou aanhouer wen! Dis dalk net iets klein wat jy nodig het om die visse te begin looi!
 
Skuimkop

Sealiner
Ek dink jy is gans en al te oorhaastig met jou hengel en boonop doen jy glad nie te sleg nie (Best Catch: 4.22kg carp / 10kg Baber). Na ses probeer slae doen jy glad nie sleg nie. Inteendeel weet jy daar is ouens wat jare sukkel om 'n baber van 10 kg en grootter te vang. Ek ingesluit.

Dit klink meer vir my of jy wil tempo hengel, dus meer visse vang op 'n sessie maar kleiner vis maar aan die ander kant as jy boilies en Tigernuts oorweeg as aas sê dit vir my jy wil die grootter vis target. Om die twee te probeer combine gaan nie vir jou  rerig die sukses bring wat jy soek nie. Met boilies en Tigers vang jy deur al die klein vis om by die grootter vis uit te kom en dit vat tyd. Meestal baie tyd. As jy rerig boilies en tigers wil gebruik met die rietvlei strop kan jy dit doen maar jy sal dan die haarstrop moet gebruik ipv jou gewone hoek stroppies. Maar ek dink jou hoeke gaan met die braid net aanmekaar verstrengel raak en hulle dus useless maak.

As jy meer vis wil vang gebruik kleiner hoeke en aase. Gebruik sagte/soet en sterker geure saam en as dit koud of winderig is gebruik iets skerpers soos TCP, Spirits ens. Eksprimenteer met verskillende kleure by die verskillende daame en maak seker jy kolgooi en begin met een stok diep en die tweede een vlakker om te bepaal waar die vis is.

Daar is baie dinge wat jou sukses kan beinvloed en soos ek gesê het in my opinie is ses hengel sessies bietjie kort.
 
Naruto

Sealiner
ekt al 6 keer na mekaar by roodeplaat geblank. En ekt letterlik als gebruik/probeer.

By watter damme het jy so gesukkel?en sien jy hou van doorndraai en vaalkop. Hoekom probeer jy nie plek by vaaldam waar jy eers jou tegniek kan verfyn. Daar is n post oor al die basics wat bo aan hierdie afdeling is wat ek glo jou ook sal kan help.

Stywe lyne
 
N.VOS

Member
Dankie vir die raad sal dit defentief probeer.

Is dalk betjie oorhaastig maar wil graag meer visse vang as net een as mens vir n naweek visvang, maar soos julle almal se aanhouer wen.

Het klaar een probleem agter gekom-ek het altyd begin om al my stokke op die selfde afstand te hengel.
 
N.VOS

Member
Hi Naruto

hou van doorndraai want ek het my eerste "groot" 4.22 kg karp daar gevang. Dit het ons 72 ure gevat om een vis te vang.

Daarna het ek twee keer geblank by roodeplaat en toe weer twee keer geblank by hartbeespoort(Ifafi)

Het in Feb na vaalkop toe gegaan waar ek n 10 kg baber gevang het,dit was vir my n groot belewindes gewees. Ons het ook een klein karpie gevang wat ek deur die water gras kon kry die water gras pla maar baie daar. Moet ook se ek het twee keer groot reel runs gekry waar my knope elke keer los gekom het,dit was baie teleerstelend.

Hou van die twee damme want dis die twee waar ek darem iets gevang het.Sal nog graag na die vaal wil gaan maar weet nie waar of watter hengel oewer die beste geskik is nie, naaste aan pretoria en die veiligste want my 4 jarige seuntjie gaan gewoonlik saam.

Brakkanjan

Senior Member
Ek het so jaar gelede 'n perdeby tiger op 'n rietvlei gehaak, maar sonder die boonste gly hoek. My hoeklyn was ook 15lbs. Die hoeklyn was ook 15 cm lank gewees en die hoofskaglyn dink ek 20 of 25 lbs. .Ek het nie 'n haarstrop gemaak nie en sommer die hoek deur die tiger se velletjie geplaas met 'n oop hoekpunt

Het 'n groot byt gehad, jammer die karp het my in die riete afgebreek, was 'n monster.
 
Naruto

Sealiner
N.VOS wrote:
Hi Naruto

hou van doorndraai want ek het my eerste "groot" 4.22 kg karp daar gevang. Dit het ons 72 ure gevat om een vis te vang.

Daarna het ek twee keer geblank by roodeplaat en toe weer twee keer geblank by hartbeespoort(Ifafi)

Het in Feb na vaalkop toe gegaan waar ek n 10 kg baber gevang het,dit was vir my n groot belewindes gewees. Ons het ook een klein karpie gevang wat ek deur die water gras kon kry die water gras pla maar baie daar. Moet ook se ek het twee keer groot reel runs gekry waar my knope elke keer los gekom het,dit was baie teleerstelend.

Hou van die twee damme want dis die twee waar ek darem iets gevang het.Sal nog graag na die vaal wil gaan maar weet nie waar of watter hengel oewer die beste geskik is nie, naaste aan pretoria en die veiligste want my 4 jarige seuntjie gaan gewoonlik saam.

Dit klink dan nie vir my of jy regtig n probleem het om vis te kry byt nie. Eerder om die vis uit te kry, want lyk my jy het n talent om eerder groot vis te vang as kleintjies. Dalk moet jy vir ouens soos ek n bietjie lyding gee in watse hoeke en ase jy gebruik, want ek wil ook meer gereeld sulke grotes vang.
 
Naruto

Sealiner
Ons was by Ardenza. Die ouens het klein vis gekry op 30m. Ek het die hele dag my afstand gewissel, maar kon net 2 vis kry wat ek ge-foulhook het. Die ou wat die meeste/beste vis gekr het, het naaste aan die sloep gesit. Nou moet ek eers uithaal en wys om in telling te kom vir die klubkampioen lol!

Nie een dip het die hele dag gewerk nie.
 
Waldok

Senior Member
Jammer N.Vos, wil nie jou forum hi-jack nie. Ek het net so swak gehengel die naweek Naruto. Was UJ toe vir klub comp, het letterlik my lippe afgelek vir n goeie posisie, maar nee, niks het vir my konstant visse gebring nie. Het so 8 gehad in die net, toe kom daar n storm, toe val my net om, toe ontsnap 3 van die visse. By inweeg het ek net 5 gehad. My broer het tweede gekom in die klub comp. Ons het dieselfde water gehad as wat ons gehad het by die sealine social. Hy het heeldag op TAC gevang, 23 vis altesaam. Hy sal nog n report post. Maar niks all black of garlic of spice gold het vir my gewerk nie.
 
N.VOS

Member
Naruto wrote:
N.VOS wrote:
Hi Naruto

hou van doorndraai want ek het my eerste "groot" 4.22 kg karp daar gevang. Dit het ons 72 ure gevat om een vis te vang.

Daarna het ek twee keer geblank by roodeplaat en toe weer twee keer geblank by hartbeespoort(Ifafi)

Het in Feb na vaalkop toe gegaan waar ek n 10 kg baber gevang het,dit was vir my n groot belewindes gewees. Ons het ook een klein karpie gevang wat ek deur die water gras kon kry die water gras pla maar baie daar. Moet ook se ek het twee keer groot reel runs gekry waar my knope elke keer los gekom het,dit was baie teleerstelend.

Hou van die twee damme want dis die twee waar ek darem iets gevang het.Sal nog graag na die vaal wil gaan maar weet nie waar of watter hengel oewer die beste geskik is nie, naaste aan pretoria en die veiligste want my 4 jarige seuntjie gaan gewoonlik saam.

Dit klink dan nie vir my of jy regtig n probleem het om vis te kry byt nie. Eerder om die vis uit te kry, want lyk my jy het n talent om eerder groot vis te vang as kleintjies. Dalk moet jy vir ouens soos ek n bietjie lyding gee in watse hoeke en ase jy gebruik, want ek wil ook meer gereeld sulke grotes vang
Ek gebryk somer die rietvleistroep  glei wat mens in die visvang winkel koop,het elke keer nog virskillende soorte maake gekoop.

Dan gebruik ek die CFX floaty op die onderste hoek en n miellie pit op die boonste hoek.Gebruik dan meestal FX en Perdeby as boll dips

Op die baber stok  sommer n dooie kuiken wat ek uit die dop uit gebreek het en gooi hom nie verder as so 30m nie.Dis net by vaalkop wat ek babers probeer vang andersins hengel ek net karps 

Top