Hemelbesem
New member
Hi ek het nuut aangesluit by die forum alhoewel ek al 'n geruime tyd julle ouens se uitstekende advies volg.
Ek en my seun (9) is nuut met visvang maar maak op vir 'n gebrek aan ondervinding met ons entoesiasme! Ons naaste dam is Rietvlei en ek sien ander stem darem ook saam dat dit 'n 'moelike dam' is. Die algemene raad wat ek vir Rietvlei kry is om 'n paar dae te bly of om op 200m+ te hengel en vir my beteken dit 'n boot. Om heeldag daar te sit en niks te vang nie begin later nie meer pret te raak nie. Dis hoekom ek hierdie forum fynkam vir enige raad wat kan help.
Ek het al FX mielies, Almond/Strawberry/Pink sweets degies, FX, Perdeby, TCP ens. floaties probeer. FX dip op mieliebom. Erdwurms. Tot Martin Louw se mixed berry toffie appel dip. Ek probeer 20x mieliebom 'kolgooi' voor ons begin hengel, alhoewel my akkuraatheid nog bietjie sukkel. Ons is vroeg daar as die hekke oopmaak, gooi op 40-100m vir die hele dag. Waar is die fout? Ek kan nie glo dat daar net vis op 200m+ is nie. Is ek te haastig vir resultate of moet ons eers ander 'makliker' damme gaan probeer tot ons meer ervare is?
HM.:sf:::