Pro Mania - Ardenza

Waldok

Senior Member
More,

Ons was 27 hengelaars en ek en n vriend het saamgery, so ons kon 2 penne langs mekaar kry. Ek het pen 11 en 12 gekry, reg in die middel en aan die einde van zone 1. Zone 2 het by pen 14 begin tot 27. Ek het die afgelope ruk redelik sukses gehad (behalwe by Cilliers) met FX, bietjie devilsfork en Nick (duiwelsdrek) en besluit toe ek gaan die Dominator (FX/ddrek) wat ek by n ander pel wat dit self maak gekry het probeer, saam met devilsfork op 110m en geskud in SA poeier. Die ander stok het ek banjo opgesit met n floatie op elke hoek vir n ou grassie op 80m. Soos verwag was die hengel maar stil gewees, daar was nie veel aksie nie. Marius het n karp gevang van net onder n kilo na amper n uur. Ek het die 80m stok uitgehaal en besluit om die kombo te verander na paint en kiana met kiana oor die boonste hoek wat in die bol gedruk was met net n degie aan. Hy was op 60m.
 
Ek het n reel run gekry op die 110m stok maar het gras en lyn gehak en die vis verloor. Ek het weer gelaai met dieselfde kombo en na 50min n mooi karp van net oor die 1,5kg uitgekry. Net daar besluit ek dat die kort stok ook 110m toe gaan met dieselfde kombo. Ek bou toe n strop en sit die nodige op, net daar toe loop die kort stok en ek vang n karpie wat sal weeg. Nuwe gameplan is toe net daar uit die water geblaas...... Ek het toe maar gehou by wat sover gewerk het. Ek het 3 undersize grassies weer op die vlak oukie gekry, waarvoor ek nie omgegee het nie, aangesien dit my gewig sou boost op n moeilike dag. Ek het later weer n 1,5kg karp gevang op die 110m stok.

Ek eindig toe met 3 weegvis, 3 non weighers vir n 4de plek algheel en 2de in zone 1. Wensak was ek dink 6 vis vir 4,iets kg. Daar was 13 blanks die dag
 
Top