plz help

CARP1

Sealiner
Feite daai,Bruggie.Ek gaan myself in elk geval nie probeer oortuig dat ek meer weet as die manne wat die dips maak nie.Glo nie juis daar is iets wat ek vir Jumbo,Louwtjie,Dean,Craig en daai tipe latte gaan leer nie.

Ook as mens in ag begin neem watse navorsing daar in die kombinasie ingaan voor dit op die mark kom.Dan se ek maar liewer net "Ja Baas",haal die geld uit,en kry 'n dip wat vir jare gaan hou.

 
 

Vleipadda

Senior Member
Ek stem Carp daars goed wat ek wet werk op sekere plekke , andersins dips is nie juis die duurste ding in die wereld nie vergelyk met my lok wat ek maak en die periode wat dit hou nie

Hulle kos maar gemiddeld so R35 en die duurste wat ek ooit gekoop het was R80.60 - Juana
 

Brakkanjan

Senior Member
Dis nie die dip wat die vis vang nie, maar die aas,grondvoer en voobereiding.Dips help net met die proses of so glo ek.

My pa het al honderde groot vis gevang met pitte, pap en erdwurms. Hy het nou eers sy eerste dips aangeskaf en ook net die minimum.Caramel, TCP, Almond, Banjo, Vaaldam en Pynappel.

Daar is nie 'n magic muti wat vis vang nie ;) Back to basics!
 

CARP1

Sealiner
Ook feite daai,Bigfish.20+ jaar terug het jy by 'n liga aangekom,en jou penmaat moes jou help om daai kas te dra.Ek het daai tyd manne gesien wat 80+ dips in hul kas gehad het.Die redenasie was dat as jy alles het,jy vis sal kry.

Ek het op 'n stadium 'n lieflike dip gehad(007).Bietjie lemoen saam met nog iets(ek dink)en 'n pragtige geel/oranje kleur.Het daai dip seker vir 5 jaar gehad,en op elke hengel trip/klub-com/liga probeer.Ek het een keer in 'n plaasdam 3 klein karpies op dit gekry,en dit was dit.

Ek het daai dip net gekoop oor hy lekker geruik het.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het 'n checkers-sak se goed weggegooi en my kas is steeds redelik gepak. ek het 6 botteltjies mielies, 8 baitsprays, 20 boldips en 20 muti's oor (ongeveer). Dis nadat ek uitgesorteer het en ek dink ek het nog steeds te veel goeters. Oh ja moet nie die 7 botteltjies floats vergeet nie.

Ek sien mens kry ook deesdae verskillende soorte amandel dips, soet bitter ens. LOL Dag almond is almond ;)
 

CARP1

Sealiner
Brak,in die "ou" dae,toe Amandel nog net deurskynend was,het jy 'n paar botteltjies gekoop.Jy het een self rooi gemaak,die ander geel,die ander fluoro en een skoon.Dieslefde met Cherry,Rose,ens....

Ek en 'n vriend van my moes altyd sy pa se kas dra.2 13 jarige laaities het bloed gesweet om daai ding gedra te kry.
 
Top