Dag Almal,
Was hierdie naweek by n privaat plaasdam so 13km buite Bronkhorstspruit. Daar was volgens die eienaar Desember laas in die dam gevang. Na bewering 47 karp in 4 ure tussen 2 persone!!
Met dit in die agterkop het Ek,mamma beer en my pa vir die sessie uitgesit. Daar aangekom het ons eers saam met die eienaar n koppie koffie gedrink en hom verseker die plaas sal soos ons eie opgepas word. Hy laat juis nie mense daar toe nie omdat n vrot eier sy blesbokke geskiet het. Hy het ons ook belet om ENIGE vis terug te gooi. Volgens hom is daar te veel vis en hulle word dus nie groot nie. Die vis is later aan sy plaaswerkers gegee, so dit is darm nie gemors nie.
Lang storie kort, ons het 17 vis(almal onder 1kg) gevang vir die 2 dae. Die eerste 6 was binne 45min. in die net. Die tempo het afgeneem nadat die wind opgesteek het.
Die Karps het aan alles gebyt, floats(alle geure) mielies en wurms. Al die babers is op wurms gevang.