Hoekom wil jy bolle gooi? Gaan jy muddies of karpe teiken? As jy vir 'n feit weet die muddies byt in die middag kan jy so tien bolle aan die begin van die dag op die afstand gooi waar die muddies gewoonlik byt.
As jy oorwegend karpe by die venue vang, mors jy net tyd om bolle te gooi. Begin op twee verskillende afstande hengel en merk jou lyne met 'n permanant marker sodat jy elke keer dieselfde afstand gooi. As een stok baie vinniger as die ander een byt, skuif albei na daardie afstand en hengel op daardie kol.