outboard motor

IWyk

Sealiner
Eish! Ja nee, ek hoop ek verstaan wat jy bedoel, hier gaan ons.

Voor julle die kabels afgehaal het het die reverse gewerk sonder probleme. Hy het gekrap as hy in vorentoe ingesit word en as hy in rat gaan dan "jump" die enjin uit die water uit.

Nou het julle die kabels afgehaal. Nou gaan hy nie in vorentoe rat as die enjin loop nie. As hy nie loop nie dan gaan hy in rat maar jy kan nie die prop draai met die hand nie.(Dit is reg by the way, die kompressie van die enjin hou dit vas. As jy baie krag gebruik behoort jy dit tog gedraai te kry, indien nie is iets stukkend).

Met die kabels gekoppel het jy meer krag/hefboom aksie dis hoekom jy hom met n gekrap in rat kry. Met die kabels af het jy nie genoeg krag om dit met jou hand in rat te druk nie.

Hoekom hy uit die water uit spring kan net wees dat hy in die verkeerde rat ingaan(reverse in stede van voorentoe). Hy kan nie uit die water uitspring as hy in die vorentoe rat is nie, want die krag van die prop sal die enjin vorentoe druk(teen die boot vas).

N gekrapery as jy dit in rat sit betekin n foutiewe gestelde kabel/link of skade binne in die enjin/ratkas(levers, shafts gebuig of gebreek). As dit nie in rat wil gaan soos wat jy se as jy dit nie in rat kan kry met die hand nie betekin iets is gebuig of gebreek.

Kry liewer iemand wat weet wat aangaan om te kyk. Dit is dalk hoekom die ou die boot verkoop het.
 
Top