Ou Mike en Jonas...

awsum

Senior Member
Ou Mike en ou Jonas werk mos albei by Caltex-Garage in Malmesbury.
Dit was maar 'n stil oggend - nie veel motors wat die dag daar ingeswaai het nie - so die tweetjies het toe baie tyd om te gesels........sommer lekker te gesels.
Jonas : By the way ou Mike - wiet jy wie is Fikile Mbalula.
Mike : Nay man....ek ken nie daai ou nie.
Jonas : Awe...my broer....dit is dan algemene kennis.....hy is die Minister van Sport en Recreation.
Mike : Ek hetti daai gewieti.
Jonas : Wiet jy wie is Barbara Thompson.
Mike : Nay man....ek kenni daai girllie.
Jonas : Dit is ook algemene kennis - Sy is die Deputy Minister van Energie.
Mike : Jislaaik, my bru.....jy het nogal klomp breins gekry......hoe wiet jy dan nou so al die dinge.
Jonas : Sien....as julle na werk so lekker dop steek en party.....leer ek saans by die kollege waar ek aandklasse loop.
Mike : Jislaaik - jy is nogal wys.......maar ek het ook 'n vraag vir jou......Weet jy wie Sakkie Kumati is.
Jonas : Nay my bru....nou het jy my vas.....ons het noggie van hom geleer nie.....so ek ken noggie vir hom nie.
Mike : Wel.....my bru.....dit is ook algemene kennis......dit is die ou wat by jou vrou kuier as jy saans klas loop by die kollege.
 
Top