Ons het besluit om die afgelope naweek by Tago (Va

XTN

New member
Ons het besluit om die afgelope naweek by Tago (Vaaldam) te gaan visvang. Ek het baie goeie terugvoer gekry vanaf die Sealin Forums, en toe besluit om vir Zorro te kontak.

Toe ons daar aankom, het Zorro ons vriendelik verwelkom (soos die ouens genoem het). Hy vra toe vir ons, of groot vis wil vang of wil baie vis vang. Natuurlik wil besig die volgende 42 ure wat ons daar gaan wees. Hy het ons na een van die staanplekke geneem en daar het ons begin vang.

Met eerste vis, maak ons 'n grap en sê "99 to go", en so aan. Die grap word toe later a realiteit, en begin elke vis tel. Ons stel toe maar 'n mikpunt van 75 visse. Ja wel ons het in 36 ure die 75 merk verbygesteek. Ons het Saterdag middag die laaste vis uitgetrek toe ons oppak, en dit was nommer 88.

Die groottes het gewissel vanaf van 800g tot 2.5kg.

Hier is ons dips gewees:
Caramel degie met plain rooi floatie.
Plain mieliebom(supercast) gemeng met hemp saad.
Boldips : Vicks & FX / Peach Special & FX / OX blood / Kiana.

Die naweek was ongelooflik lekker met die besig bly en min slaap, en sal aanbeveel vir enige iemand om daar te gaan vang.

PS: Al 88 visse is weer teryg in die dam!
 

Attachments

  • Wolfie.jpeg
    Wolfie.jpeg
    25.9 KB · Views: 573

JFE

Senior Member
Dit klink al te lekker, nie tyd om verveeld te raak nie. Goed gedoen daar, het self nog nie so sessie beleef nie, ai kan maar net indink.
 

Bruggie

Sealiner
Geluk. ja dit is altyd lekker om by Tago te gaan vang! Die diens wat jy daar kry is puik. Ek was die laaste keer daar toe dit nog die vloede was. Het vis en takke an selfs n seekoei( Wel het so gedink toe ons dit die eerste keer sien), maar bees ook sien verby dryf! Ons het dieselfde tipe naweek beleef en het n Blast gehad!

Al negatiewe punt is die lang grondpad soontoe, my Corsa kon dit nie meer vat nie! Maar het intussen n bakkie gekry, maar nog nie weer Tago besoek nie.....Dalk nie n slegte idee nie!

geluk weereens!
 

OvErClOcK

New member
Hallo my naam is Lourens, ek het google al speechless gemaak en vodacom ryk gemaak, ek het gesoek en gesoek vir n plek om vis te gaan vang en toe wou ek al moet op gee en toe kry ek tango se website, ek het gekyk en dadelik gebel, ek stem saam die persoon wat geantwoord het (jammer nie gevrae vir sy naam nie) was vriendelik en baie behulpsaam, ek kon defnitief gehoor het hy het gestop waarme hy besig was en my gehelp! Ek wil graag hoor wat se "JY" oor tango, nadat ek gelees het daar is n lang grond pad is het eke geweet ek sal ander vervoer planne moet maak want ek sal nie op die grond pad kan ry met my kar nie, ek sal met die bakie moet gaan wat baie goeie inligting is waarvan ek nie geweet het nie en baie ander mense wat ook graag wil gaan ook nie weet nie, ek gaan vir die pret daar van as ek vang gaan ek baie gelukig wees en as ek nie vang nie daar is nog n volgende keer, ek wil weet soos wat werk goed daar soos bait. Ek was so 6 maande terug by die vaal dam gewees en het 18 visse uit getrek in 4 amper 5 ure was lekker besig en het dit baie genuut. So asb gee my n bietjie inligting van julle kennis van die vaal dam/tango sal dit baie wardeur, enige inligting soos die positiewe en negatiewe punte... thanks :)
 

XTN

New member
Hi Overclock,

Tago is beslis die moeite werd. Om jou gerus te stel, ek het met 'n volgelaaide Ford Focus en Trailer op daai grondpad gery. Ek weet nie hoe hy deesdae lyk nie, maar dit was toegangbaar met 'n gewone voertuig.

Die ablussie blokke was bietjie ver van die water af, maar da was warm water.

Die wind het one een middag goed deurmekaar gewaai, maar dis maar deel van visvang.

Ons vangste het uitgekom op die volgende:
Caramel degie met plain rooi floatie.
Plain mieliebom(supercast) gemeng met hemp saad.
Boldips : Vicks & FX / Peach Special & FX / OX blood / Kiana.

Indien jy nog gaan, laat weet asb hoe dit was en wat julle gebruik het, sal dit graag wil aanteken.

Greote
 
Top