Nuut en met ‘n dinghy..

zollie

New member
Goeie dag,

Ek kort sommer ook bietjie advies terwyl ek my vergaap aan al die DIY en nog meer leestof!

Ek kom van ‘n Vars water agtergrond (90% Karp) maar het onlangs ‘n 3.2m Dinghy met ‘n 3.5hp aangeskaf. Ek wil nou my vlerke bietjie uitsprei – die ou by wie ek dit gekoop het, vertel hy het gereeld uitgegaan by Langebaan Lagoon etc.

Dit is my eerste “boot” / dinghy so wil graag eers bietjie “konfyt” raak met die setup – launch en casting/val van die aas etc. verkieslik op ‘n vars water dam.

Ek is en was maar nog altyd ‘n groot liefhebber van Theewaterskloof (TSC) – en beplan om dit as ‘n volgende trip te doen, maar is daar enige ander voorstelle – ek vang al jare daar, en al sal dit lekker wees om dit van ‘n ander “angle” te sien, wonder ek nou maar net watter ander opsies is daar nou met die dinghy?

Selfs net ‘n lekker nabye (Kaapstad omgewing) dam waar ek ‘n bietjie lyn kan natmaak met my dinghy om alles te toets voor ek die Lagoon aandurf..

Of as iemand my dalk net in 'n rigting kan stuur waar om te vra, ek wil nie nou 100de posts orals op die forum begin plak nie ;)

Groete,

Zollie

:fishn
 
Top