Ons het die naweek wat verby is goed gevang op Nash se monster crab wat ons ons erdwurms in gedoop het en wil net se dat die babers on glad nie gepla het nie, net die eerste vis was babers en daarna so 13 karpe vir die sesie.
Die babers is darem nou bietjie stiller met die koue. Gaan jy n report doen met bietjie pics?
Net bietjie raad: Moet nooit erdwurms in die dip sit nie. Gooi eerder die dip oor die erdwurm of gooi bietjie dip in n aparte houertjie en dip die erdwurms daarin. Die slym aan die wurm veroorsaak dat die dip afgaan.
Nog n goeie dip vir erdwurm is Champion se Halibut. Ruik soos vis. Saam n bietjie floro oor die erdwurm is dit n doodelike kombinasie.