Meerhof Harties 20/3/2011

Grootseun

New member
Wel, nadat ek uitgemis het om die social by Koppies te kon bywoon het ek dit reggekry om die skoonfamilie te oortuig om my te join vir 'n dag se visvang by Meerhof op Sondag 20 Maart 2011.

Ek het reeds die Saterdag bietjie gaan "scout" en was erg bekommerd omdat die plek absoluut gepak was. Ek het egter met die eienaar gepraat en hy het my oortuig dat as ek 6 uur die oggend voor die hek is, ek 'n baie goeie kans sal he om 'n lekker spot te kry.

Was toe heel eerste by die hek Sondag en het toe darm 'n spot gekry wat redelik was.

Lyne was by 06h30 in die water en die wind het erg gewaai, so erg dat hey eers die hiasinte links verby en toe weer regs verby ons laat dryf het.

Ek het gehengel op so 90m , beide stokke rietvlei stroppe en plain supercast mieliebom.

Boonste hoek Juana mielie en onderste hoek plain wit floatie met 'n swd backing hedip in Perdeby.

Perdeby en FX op die bol.

Vis het maar stadig uitgekom en vir die dag het ek so 8 karpe gevang van omtrent dieselfde grote, dink dis die selle blerrie vis wat die heeltyd teruggekom het vir nog.

Bo alles weereens lieflike dag langs die water.

 
 

Attachments

  • Meerhof 1.jpg
    Meerhof 1.jpg
    46.3 KB · Views: 148

Grootseun

New member
Ons het ook 'n paar mooi Kurpers geland op SWD nadat ons bruinbrood in die bom in gebry het.

Kyk die hiasinte, dit is presies hoekom ek die Vaaldam verkies!!

 
 

Attachments

  • Meerhof3.jpg
    Meerhof3.jpg
    52 KB · Views: 149

Jaco_Jaco

New member
Nice report Grootseun !

Die water lyk mooi net jammer vir die blerrie hiasinte !

Ek en my Pa wil een dag in die week soontoe gaan. Het die watergras nie erg gepla nie ?  Ek het gehoor dit raak 'n probleem daar ?

Mooi kurper daardie ! En ek gaan nie vra van die pienk mutiboxe nie ! Lol !

 

 

 

 

 
 

Grootseun

New member
lmga, Jaco, die pienk kas en stokke is my dogter s'n , dit was haar vereiste as ek haar in die visvang ding wou inkry! So ek moes maar die kas laat spuit en die pienk stokke aanskaf.

Dit is 'n baie lekker oewer en die plek se instandhouding is oor die algemeen baie goed, badkamers was egter teen Sondag grillerig en vuil, maar mens moet darem in ag neem dit was lang naweek en daar was baie kampers.

Ek dink in die week sal dit lekker stil wees en ideaal vir lekker hengel, tensy die hiasinte wegbly!

Watergras is nie so erg nie en met die hiasinte kry mens darem jou strop terug as jy geduldig is, dit bly egter 'n irritasie.

 
 

Jaco_Jaco

New member
Goeie werk Grootseun ! *lol* Ek moet bieg ek het self 'n stelletjie pienk stokke in my versameling vir as vroulief die dag besluit sy gaan saam. : )

Ja jong die balie raak oud en mens begin besef hy gaan nie vir altyd leef nie en dan wil mens mos maar die beste maak van die tye wat Pa en laaitie wel nog kan saam hengel.

En harties is waar hy my geleer het en ons was seker 20 jaar terug laas by Harties. Sal nogal lekker wees om weer bietjie daar te hengel.

Dankie vir die feedback ! As ons gaan sal ek die report opsit !

 

 
 

Jaco_Jaco

New member
Hey Grootseun !

Was toe gister saam met my Pa by Meerhof en en dink ek het ook heeldag daardie selfde vis as jy gevang...17 keer en my Pa het hom so 12 keer aan die hoek gehad. En toe gelukkig vang ek sy Pa nadat ek hom so 4 keer gevang het !

Al die vis lyk omtrent dieselde.

Ek pos 'n report met 'n foto !
 
Top