Loskopdam Kurpers

buchi

New member
Goeiedag my naam is Juandre.  Ek en my vriend gaan hierdie jaar weer aan die Kurper Bonanza deelneem by Loskopdam.  Ongelukkig het ons nie huidiglik 'n boot nie, so ons moet maar van die oewer af hengel.  Ek weet dat ons dalk bietjie beperk is om bloukurpers vanaf die oewer te vang.  Ons het verlede jaar heeltemal by 'n verkeerde area gevang aangesien ons nie eintlik Loskopdam baie goed ken nie.  Ek het gesien dat daar wel 'n pad is wat damwal se kant toe draai, maar ken nie die areas nie.  Enige raad is baie welkom.

Dankie;)
 
Top