Loskop dam.

JFE

Senior Member
Hier is nou 'n saak wat my baie pla, en weet nou nie of ruk ek die spreekwoordelike dam onder die eend uit of nie.
Nou hier mag ek dalk die pot heeltemaal mis sit. Daar is slegs 2 plekke om die dam waar Jan Alleman kan gaan visvang, Marulani of Forever Resort. Sover ek kan verstaan kan jy nie by Marlulani gaan visvang as jy nie lid van hulle klub is nie, en nog minder 'n boot in die water sit, dit is 'n groot taboe as jy nie by hulle kamp nie. Forever is buitensporig, R190 vir ingang, 2 valwassenes en 1 voertuig. Dan kom al die add on pryse vir boot, ongeveer R260 vir ingang met 'n boot. En dit is dit wat beskikbaar is.

Nou kom my ander vraag, die dam behoort aan water wese wat 'n staats instelling is en dus maak dit die dam openbare area - reg of verkeerd? Hoekom het slegs 2 grond eienaars om daai enorme dam carte blanche om reg van toegan voor te hou? Is dit konstusioneel? In my opinie word ek nou wellens wetens deur 'n grond eienaar weerhou om openbare grond te bereik en te gebruik wat my wel beskore behoord te wees.

Is ek van die spoor af? ek is 100% seker dat daar elders in die land ook ander sulke gevalle is, dit maak net nie sin nie.
Voor enige iemand my met klippe gooi en braak oor die onreg van almal wat alles verniet soek, dis glad nie waarop en sinspeel nie, ek weet egter van baie mense hier rond wat nie toegang to Loskop kan kry nie, mense wat minder bevooreg is as ek. Ek voel ook maak 'n goedkoper launch site waar dit redelik geprys is en jy kry weer soveel meer manne wat die dag daar kom spandeer.
My gevoel, is daar iemand wat my gevoel deel of tas ek in die donker na wind.
 
Top