Dagse Tuna.
Ek is 'n groot voorstaander vir ligte gerei MAAR, as jy mooi fotos wil he, en so so min as moontlik vis verloor hetsy as hy spring, of in struktuur in karring, dan moet jy met groot skietgoed gaan.
Ons laaste kuiertjie by Cahora het ek ligte gerei saamgeneem, en dit skaars gebruik.
Ons het uitsluitlik swaailemme gebruik, en ligte gerei is dan regtig lekker, want jy word nie moeg nie, maar = bitter min vis in die hand.
Swaarder gerei met 50lbs braid, rem so naby as "damnit" aan 'n vloekwoord is aan "vas" Jy kry die enkel hoek maklik geset, en jy kry die vis baie vinnig by die boot, wat die herstel en vrylaat proses bespoedig.
Een van die ouens wat saam was, het een middag met "siesta" tyd gestaan en rondfoeter naby 'n klein eiland met Medium aksie Crucial, en Exceller 2500 met 10lbs lyn op. Hy het toe op die ou eiinde met die kombinasie 'n tier van netso oor die 4.5kg gevang, maar as gevolg van die groote van die Mepps swaailem, het die vis dit verby die kieue gesluk, en dit toe nie gemaak nie.
My opinie: Groot vis, swaar gerei.
Ander mense is welkom om met my te verskil, maar daai spogvis kom net een keer in jou lewe!