Goeienaand almal
Ek verneem dat daar leeries in die Bergrivier voorkom en dat daar wel n paar van hulle aangekeer was. Voordat ek kennis gedra het hiervan het ek al met my eie oe die gespartel van n tamaaie vis aan die regterkant van die brug by Velddrif waargeneem, maar sou nooit ooit kon raai dat dit dalk n leerie kon wees. (Wat ek daai dag aanskou het was soortgelyk aan die toneel wat afspeel by Zandvlei wanneer meneer leerie jag maak op mullets-totale chaos.)
Indien enige van julle so gelukkig was om paaie met n weskus leerie te kruis (lewendige aas of lepel), deel asb jul storie(s). n Kiekie of twee sal meer as welkom wees.
Ek het op n ander forum gelees dat daar mooi kabeljou ook in die rivier voorkom, so as ek weer eendag in Velddrif n draai maak gaan ek beslis n paddletailtjie aan die kobbies voorsit.
Spook