Krape vs Platannas vir Geles.

Skuimkop

Sealiner
Dagsê.

Ek wil graag by julle hoor wat sal julle sê is die beste aas om te gebruik vir die GROOT Geles. Krap of Platanna's? Onthou ek gaan na die laer Oranje rivier die einde van die week en daar swem monsters rond. Hoe sou julle dit dan ook aanbied? Met 'n dobber of op die bodem met 'n float of net op die bodem. Ons gaan vang tesun twee rapids wat oor rotse spoel en waar die rivier so 110 meter breed is.

Enige ander tips en truuks en baits sal ook baie waardeer word om die gesogde spesie uit te oorlê. Ek vat my vlieg en Kunsase ook saam.
 

hippo

New member
Hi SK,

Ek sou verseker na krap as 'n opsie gekyk het.

'n Ander opsie, veral as jy in die stroom hengel is natuurlik 'n lekker lang "muddie" fillet.  Dit is al wat 'n maat van my vir jare in die Vaalrivier gebruik het.  Gebruik sommer 'n lekker groot hoek ± 8/0.  Hy het altyd met 15lb hooflyn en 'n 8lb sinkerlyn gehengel.  Soek water wat 1 - 2,5m diep is en lekker oor die klippe vloei - anker die lyn en wag!

Onthou net dat jy nie 'n 10kg gele onder elke klip uitskop nie.

Geniet die hengel - sien uit na jou verslag.
 
Top