Koppies

Bruggie

Sealiner
Ons was Die naweek wat verby was by Koppiesdam gewees. Een ding wat ek moet sê is dat ons lekker weer gehad het teen wat Koppies gewoonlik te offer het!!Die van julle wat koppies se winde ken sal weet wat ek van praat.

Ons het heelwat mooi karpe gekry met jou babers wat so nou en dan uitval en n deegie of n mieliepit optel. Die gemiddelde grote wat uitgekom het was so tussen 2 en 3 KG.

Ons het op n afstand van 170m gehengel, en nee ek het nie sovêr gegooi nie, en die vis het op n gemiddelde tempo uit gekom.

Die wen aas vir die naweek was Vatikaki en tjop tjop. En die ander een Honey en Beast.Net n SWD op die hoek, sodra jy n floatie op sit dan verdwyn die vis!! Die grootste karp was 2.90Kg en die swaarste baber 4KG. Die baber wou glad nie op n plattie of viskop vat nie. Hier volg n foto of twee.
 

Attachments

  • Koppies.jpg
    Koppies.jpg
    43.7 KB · Views: 141
Top