KLIPDRIF DAM

snakes

Member
Goeie naand aan almal.

Gedurende Mei, is die Weermag proewe by Klipdrif Dam en ek is uitgenooi om te gaan deelneem.

Ek het nog nooit daar gehengel nie en verstaan dat dit 'n gevreesde dam is en dat jy maklik blank of glo amper "dood bloei" as jy nie weet hoe nie of wat jy doen nie.....

Ek het die forms gelees, maar sien dat dat daar lanklaas updates was.

Is daar dalk iemand wat die dam goed ken, en of gereeld daar hengel wat my dalk so bietjie in die regte rigting kan help. (Ase, afstand, soorte hoeke, stroppe, voerbolle ens ens Ek wil net seker maak dat ek voorbereid gaan en nie die "bank betuurder" heeltemal die hel in maak nie, met al die die gadgets en doepas wat aangeskaf moet word nie.

Ek sal elke stukkie inligting baie waardeer.

Stywe Lynne
 

Fanie

Sealiner
Hi Slange,

Ek het baie lank laas daar vis gevang maar ek kan jou raad gee oor die bank bestuurder. Hy raak net vies as jy hulle 'n bietjie skuld. As jy hulle baie skuld haardloop hy deur die verkeer om jou veilig oor die pad te kom help... Jy moet dit net reg doen ;-)
 

snakes

Member
Fanie wrote:
Hi Slange,

Ek het baie lank laas daar vis gevang maar ek kan jou raad gee oor die bank bestuurder. Hy raak net vies as jy hulle 'n bietjie skuld. As jy hulle baie skuld haardloop hy deur die verkeer om jou veilig oor die pad te kom help... Jy moet dit net reg doen ;-)

::S:fbash

Fanie, dis sowaar. Maar hier by my is die "ander goverment instelling" pantoffel regering wat 'n man eers moet gelukkig hou en 'n julle besigheids plan uitlê en mooi verduidelik dat die nuwe gadgets gaan verseker dat mens darem daai ekstra 10m kan vergooi, presies daar waar die vis wei he he:wfish
 

Fanie

Sealiner
O daai een is maklik. Jy stel haar voor 'n keuse - dis of intiem verkeer vir die hele tyd by die huis, of dis visvang.
Sy sal jou help pak...
 

LourensP

New member
Snakes, vind eers uit wat julle reeling rondom die kurpers gaan wees.....die SA's was 'n gemors oor verskillende sienings oor die kurper reels....gaan julle enige kurpertjies weeg soos op die SA's, of gaan julle hou by die ou reels van 15 cm.....dit verander alles....onthou, die kurpers daar is nie bloues nie so dit val nie onder die ordonansie nie....op die SA's het van die manne 100e op 'n dag gevang, elkeen 5 punte....so as jy karp aas gooi gaan jy NERENS kom nie....jy vang 10 karp van 1kg....150 punte...vang 100 kurpertjies van 10 gram....510 punte....(5 punte per vis, 10 per kg)...so vind uit en doen jou huiswerk....gaan hulle dobbertjies toelaat, of moet jy stywe lyn hengel(sinker, hoek)....vat genoeg karibas....

AS hulle besluit geen kurpers....HOE diep kan jy gooi??????
 
Slangman, Blade Impi se agterplaas daai. Sien die thread

http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=56391&forum_id=80

So PM hom vir advies.
 

Fanie

Sealiner
My rekord om daai klein kurpertjies te vang was ongeveer 5kg in 3 ure se tyd. Wel die kompetisie was net 3 ure lank en ek het nog met die kano moes roei tot op die plek waar ek wou wees. As hulle 20g gemiddeld weeg dan is dit so 250 kurpertjies, as hulle 5 gram weeg is dit 1000 kurpertjies in 3 ure.

Dis natuurlik met 'n klein loodkoppie gevang en ek het spesiaal voorberei om hulle vinnig af en in die sak te kry. Aas aansit neem hopeloos te lank... En ek kan seker bietjie brag en se dan niemand kon nog my rekord verbeter nie.

Daar is niks soos om reg voorbeeid te wees nie.
 

snakes

Member
LourensP and Justplainshark en al die ander visserman vriende

Dankie manne vir die terugvoer ek waardeer dit, sorry ek kom nou eers terug, was besig gewees. Sover ek weet is dit stywe lynne en ek kan redelik gooi (Daai nuwe Rockets doen die ding he he). Sal graag wil weet hoe ver ek moet gooi??? en wat sit ek dan aan?????????

Enige ander info sal baie waardeer word. Ek sal vir Impi PM baie dankie.

Laat weet gerus as julle nog inligting het asb. riaan.snakes     at  gmail.   com

Geniet die aand.
 
Top