inloop vaaldam

CarpCommander

New member
Hi

was al 'n hele paar keer daar, baie lekker venue, nog nooit 'n probleem met veiligheid gehad nie

die hengel daar is baie goed, maar mens moet effens dieper gaan vir die groter vis

banjo, fx, ebony, perdeby, kiana, garlic, gatvol, triple D, pink sweets, en erdwurms werk altyd vir my daar.

sit 'n viskop uit, die babers daar is massief!


wat koste aanbetref is dit iets soos R30 pppn

 
CC

 
 

CarpCommander

New member
inloop is maar 'n primitiewe plek so daar is ongelukkig  nie krag nie

daars "longdrops" oor die oewer versprei, en dan so huisie waar daar spoeltoilette en 'n stort is as ek reg onthou.

daars nie skaduwee nie, so vat maar 'n gazebo

maak maar seker julle tente/karavane is goed geanker, die vaadam wind het al talle karavane en tente omgewaai

groete

CC
 
Top