Homemade dips

Wernerbloem

New member
Ek het n vraag die meeste van ons het seker al een of ander tyd n homemade  dip gemaak kom ek vat n voorbeeld ek het bv tutti fruity konsentraat en n musk konsentraat. Wat ek sal doen as ek n mix wil maak is die volgende:

1. As ek n sterker musk reuk in die dip wou he sal ek dit soos volg meng 2 kwarte musk; een kwart tutti frutty en een kwart iets om dit te veduk soos puratex.

2. As ek n meer fruity reuk wil he sal ek die musk en die fruity swap.

Hoe gaan julle te werk as hulle n homemade mixes maak en is daar dalk n vasgestelde reel as dit by so iets kom.
 

Naruto

Sealiner
Dit klink ingewikkeld. Ek maak weer my eie dip op ander maniere. Almond essence gemeng met glyserine. Of sealine FX wat op die site is. Wat is puratex? En is dit nie duur om op so vlak jou eie dips te maak nie?
 

Wernerbloem

New member
Naruto wrote:
Dit klink ingewikkeld. Ek maak weer my eie dip op ander maniere. Almond essence gemeng met glyserine. Of sealine FX wat op die site is. Wat is puratex? En is dit nie duur om op so vlak jou eie dips te maak nie?
Naruto puratex is n tipe basis wat ook kleurloos is maar is baie soet  en werk goed as jy jou dip so bietjie wil verdik, ek betaal hier in bloem so R15.00 vir n liter (beskikbaar by meeste hengelwinkels) en dit hou n ou redelik lank, ek stem saam dat as n mens koste in ag neem kan dit n bietjie duur raak as mens van konsentrate gebruik maak, maar dan weer aan die ander kant kan jy  met n bietjie van twee konsetrate bv een addisionele dip maak wat jy nie hoef te gaan koop nie. Ek maak self gebruik van essence as ek bv die sealine FX maak as ook ander soos bv almond as ek dit meng saam met bloutrein (spiritus) en TCP. Ek is ook lief daarvoor om mielies in almond essence te laat le, dit het nog altyd vir my goeie resultate opgelewer.
 
Top