Hi  I hope some one can help me i have goog

Bosaap

New member
Hi 

I hope some one can help me i have google spottie rigs but can't get any info.What rig will you use for spotties and what does the rig looks like.

Thanks
 

MJV

New member
Hi Bosaap

Die volgende werk vir my:

0.55mm/0.60mm hooflyn
1.2mm leader of dikker as jou stok se ogies dit toelaat.
Jy kan ook wind-on leaders gebruik.
Die leader is 8m lank en bind aan 'n power swiwel.
Ek gebruik 'n ligte sinker lyn as ek die riwwe vang, 0.50mm - 0.55mm.
Hoek trace kan mono of staal wees, ongeveer 80cm lank.
Ek het gevind op die mono kry jy meer byte.
Gebruik 1.2mm+ mono vir jou hoek trace.
As jy staal verkies is 120 lb meer as genoeg.
Aas: vars harders, ou harders, chokka, seekat poot, strepies

Sorg dat jou stok en katrol in goeie kondisie is. Op die riwwe moet jy daai spotties vas hou sodat hulle jou nie afsny nie. Op die strand is dit bietjie makliker.

Hoop dit help.
 

MJV

New member
spotties het nie tande soos bv bronzie's nie.
Staal is dus nie nodig nie.
Daar is wel soms raggies op die riwwe en vir hulle het jy staal nodig.
 

Bosaap

New member
Dankie vir die info MJV ons ry die 26 Feb Henties toe vir 11 dae so wil so bietjie kyk of ek 'n spottie of 2 kan kry daar.
 
Top