Dit kan nogal besig raak, veral die kampeer areas naby die ablusie blokke, maar as jy nie omgee waar jy kamp nie sal daar altyd plek wees.
By NW gaan jy waarskynlik verder van die water moet kamp, maar jy gaan makliker by die water kan uitkom. Oor die algemeen is hengel bietjie beter by Sandveld, maar ook nie altyd nie. As jy kort afstande (50m) wil hengel, is Sandveld beter.
Met die watervlak wat so laag is kan mens by NW onderdeur die brug ry, wal se kant toe. As jy nie omgee om bietjie verder van die geriewe af te kamp nie, is daar 'n paar lekker spots aan daardie kant.