HI everyone I have finaly managed to get a few da

Willz

New member
HI everyone

I have finaly managed to get a few days away from work and we are heading to Cape Vidal from 30 Aug to 5 Sep.

Ive never fished Vidal specifically but have fished St Lucia and Kosi bay quite a few times (mainly the estuary and lakes though)

I will be focusing on Rock and Surf, so any advise on the following will be highly appreciated.

Any "not to miss" spots I should try?
What species can be expected around this time of year?
Is there a secret bait combination I shoud try?
And the Big one, Will the kingies be around? Where must i go look for that fatty?

Any feedback will be much appreciated .

Thanks iin advance!
 

willem wikkel spies

Moderator
Staff member
the search button works great.............:)

yes kingies should be around, they are always around reefs structure.
die wind gaan vir jou rond blaas. maar moenie dat dit jou worry nie.

as jy saam met tien ander hengel staan jy n kans van 1 uit 10.
as jy alleen is, is jou kanse 1uit 1

ek sou vroeg oggend met die laag getty die suidelike rotse met lepels try.

werk daai ledges.

hoog water sou ek noord gaan.

alles hang af wat die wind doen.
 

Willz

New member
Dankie vir die terugvoer Willem, glo my ek het die forum al stukkend gesearch, en ja daar is baie baie info oor Vidal, maar jy weet mos maar hoe is dit voor n trip, ek "scratch" maar rond vir bietjie nuwer info miskien was n paar manne onlangs daar.

Baie dankie vir jou hulp sover, word wardeur!

Die tyd kan nie vinnig genoeg uitloop nie!
 

inkvis

New member
Hi Willz. Cape Vidal is 'n ongelooflike plek om te hengel. Ek aanvaar jy gaan in Cape Vidal self bly en nie in St Lucia nie? indien wel sal jy jouself behoorlik daar kan uitleef. Daar is ongelooflik baie vis. Waar jy gaan vang sal ook afhang van hoe die rif toegespoel is, want dit verander konstant. Indien dit diep genoeg is duskant die rif is dit 'n baie goeie plek om te hengel. visspesies wissel van elf (seisoen sluit net nou dink ek), kingies, grunter, snapper, rock cod tot soms self 'n verdwaalde skool kleinerige barracuda. Onthou net om, indien jy met kunsaas ook gaan hengel om jou trebble's te vervang met circles aangesien die elwe soms dik loop en jy hulle gaan moet teruggooi (as dit geslote seisoen is natuurlik, maak net seker). Ons het ook al aan die seekant van die rif afgekom op groot kabeljou wanneer ons gesoek het vir snoek om te skiet. Die kabeljou skuil in die grotte aan die seekant van die rif (weereens hang dit natuurlik af van hoe toegspoel die rif is ens)

Ons het al ook in die nag duskant die rif gesnorkel om te sien wat daar rondswem na sononder en was aangenaam verras met die magdom vis. Regoor die parkeerterrein (min of meer 30m noord van die 4x4 toegang tot die strand) is daar verskeie rotse met soms diep kanale tussenin waar soms groot kingies rondhang.

Aan die strand se kant van die rif (meer Suid van die 4x4 toegang) het ons al afgekom op groterige grunter, so moet dus nie sandluis as aas onderskat nie. (Onthou net om eers jou lisensie te kry en dat jy hulle nie in die reservaat mag uithaal nie). Verder Suid van die 4x4 toegang (so om en by 500m plus) vorm daar ook dikwels diep gate naby die strand wat goeie kabeljou kan oplewer. Indien jy in Cape Vidal self bly kan jy dit lekker in die aande benut, dalk met 'n lewende mullet..

Geniet jou tydjie daar, onthou maar net om die natuur daar in ag te neem, dit is 'n spesiale plek en dit kan net so gehou word as ons almal ons papiersakke terugvat, hou by die size limits en ander aanspreek wat dit nie doen nie..
 
Top