Hi almal, Ons gaan die naweek van die 8ste Desemb

Chris007

New member
Hi almal,

Ons gaan die naweek van die 8ste Desember Jackey Leonard toe en ek moet sommer baie punte opmaak. Die jaar het nou nie verloop soos beplan nie en ek het heelwat hengeltyd gemis.

Ek het gesien mense praat van Bass as die dip om te gebruik. Waar kan ek dit in die hande kry? Wat se grondvoer moet ek gebruik en wat se strop sal julle voorstel. Enige and aas wat werk sal ook baie wardeer word.

 

Groete

Chris

 

 
 
Naand Chris,

om die "regte" Bass-dip te kry gaan moeilik wees. Die beste gaan wees om William Petrie se Bass te koop. Dit is die naaste aan die regte een en ek gebruik hom.

Wat voer aanbetref, gebruik eenvoudig die gewone skoon popcorn voer. Wat ookal jou gunsteling maak is.....MrMuti, CarpHunter, SuperCast, Trucella-Trigga Feed of wat ookal.

Ase kan jy nie verkeerd gaan met gewone soet wit deeg nie, plein floaties en dan een van Bunspice32 floaties (PowerBaits) en sagte Vampire flaoties (MG). Pak maar 'n boksie karibas ook in, net om alles te dek.

Gewone gly rietvlei stroppe sal die ding doen. Hengel een stok op 80m en die ander stok op so 100-110m. Kyk waar die vis uit kom en bou vir jou 'n kol op daai afstand.

Voorspoed! En geniet dit.
 

Naruto

Sealiner
Hoe verder regs jy sit hoe groter is jou kans om n lekker muddie kol te bou so 30-60m uit. Ek weet nie wat is Bass nie, maar hou by die basics en dit sal goed gaan.
 
Naruto wrote:
Hoe verder regs jy sit hoe groter is jou kans om n lekker muddie kol te bou so 30-60m uit. Ek weet nie wat is Bass nie, maar hou by die basics en dit sal goed gaan.

 

Dis 'n dip wat Besie Appelcryn van Sentraal Gauteng maak. Onder andere is daar garlic en TCP in.
 
Top