Hentiesbaai

Ahooy

New member
Hulle sê die vis byt net twee keer baie goed in Hentiesbaai. Blykbaar die week voor jy daar was en dan weer so week of wat na jy weg is.

Ons het maar redelik gesukkel om eetvis te vang en baie daarvan was ondermaat wat ons moes teruggooi.

Die vis was nie dik op een spot nie en daar was so een op die een plek en so twee op n ander plek en geen op twee ander plekke nie. Die hengelaars moes maar soek om n paar visse te kry.

By die Skubbebar was daar elke middag egter n paar groot visse geslag. Kabeljou van tussen 10 en15 kg en Steenbras van oor die 10 kg. So die vis is daar.

Ons Ghielie het die grootste Kabeljou van so 10 kg gevang.Ons was almat so pi--ed off dat ons nie eers n foto van die vis geneem het nie.

Die laaste twee dae het ons vir haaie gegaan en GROOT sports gehad! Afgebyt, slides afgebrand. n klompie aangehad vir gemiddeld so 40 minuute net om die lyn te breek op die kant.

 Drie van ons was gelukkig om elkeen n Bronzie te land (grootste so 70kg) Ons Valies kry te min ondervinding met sulke groot vis maar ons het n bietjie daar opgedoen!

Ek is bietjie tegnologies gestremd en sukkel om meer as een foto aan te heg - so ek stuur dit maar apart (hopelik)

N paar kabeljou
 

Attachments

  • Kabeljou.jpg
    Kabeljou.jpg
    39.9 KB · Views: 342

WAJ

Senior Member
Magtag dit lyk nog steeds lekker, my eerste 2 jaar van Henties het ek elke keer net 2 maat kabeljoue gevang, maar dit bly lekker, elke jaar het dit net beter geword.::Slekker om n vars Henties report te lees, dit het my dag gemaak, mooi gedoen Ahooy
 

K@llie

Member
Dankie vir die verslag, dit gaan maar so op Henties partykeer is n mens gelukkig net om die volgende keer weer te blank. Ons was in Februarie die jaar daar en die Kabeljou was toe volop, ons kon in twee dae ons kabeljou kwota volvang. Ek beplan on Junie weer te gaan probeer, kan nie meer wag nie. Wat was die naam van die gillie wat julle gebruik het?
 
Top