Middag
Ek neem aan julle gaan van die kant af vang. soos ek verstaan word die dam nie baie gehengel nie en dit sal tot jou voordeel wees. Babers is baie nuuskurig, karpkoppe is baie goeie aas veral vir jou groter vis. Indien julle mag voerplek maak is die beste manier om vir hulle te voer om baberblokke te maak. Jy kan dagoue kuikens wat reeds gevrek het vat en dit deur n malertjie gooi. Meng dan so derde met mielie gruis en meng dit goed. Jy sal sien dis glad nie n aangename gesig nie. Jy kan dan n kwart baksteen vat en dit sommer in n Chekers sit dit bymekaar druk en dan vries. Die rede vir die klip is as die voer gevries is sak dit moeilik en die klip help dit sak. daai blok blis regtig goed en as jy hulle eers getek het sal jy moet rondstaan. So vier sakke is dodelik.
Gaan koop vir jou so kg hoender harte, lewer werk ook maar val van die hoek af. Ek gebruik die nr 5 van der Merwe hoek, Hy vang die baber sommer self.Sit een hartie op die hoek dis genoeg.
Sterkte