Has anyone fished this dam for carp before? I'm

FritzH

New member
Has anyone fished this dam for carp before?

I'm of opinion that it may hold some huge fish.

What are your thoughts on this?
 

Attachments

  • taungdam_2.JPG
    taungdam_2.JPG
    51.1 KB · Views: 325

FritzH

New member
Seriously, has no one ever fished Taung??

I'm still very new to specimen carp angling, but I think this dam is a real gem. The most beautiful dam I've ever seen. Apparently constructed in 93/94. Caught a 3.15kg bass while there on our first and only trip to the dam. There is so much structure in the form of tree stumps, riverbed and old farm dams and roads. Landing a big fish might be a mission even if you have a dingy due to all the snags. Whilst fishing for bass my buddy apparntly saw a +-18kg carp. Now I'm not sure if a carp of that size is able to jump, but the point I'm trying to make is that they are there, even if it was only a 12kg. 

Accessibility and security is a major problem, as it is located in the old Boputastwana.

That is about as much as I know and was wondering if any of you guys have fished the dam or heard of anyone that tried it in the past. 

 
 

FritzH

New member
Jy sal hom nie op 'n site kry nie. Dis 'n lugfoto. Ek het so biki op hom gekrap in Arcview vir ander doeleindes.
 

Maruis

New member
Hi, is die dam nie eintlik n geelvis dam nie? Ek het gehoor dis ook maar onveilig daar? is dit waar?

M
 

coop

Member
Ons het die dam baie gevis die laaste 5-6 jaar baie mooi grootbek en kleinbek geles sowel as swartbaars daar gekry.

As jy n boot gebruik en jy hengel die bolope van die dam sal jy goeie sukses met karp kry - ons het hulle met die vliegstokke gevang - die dam is baie diep en die kante staan nog vol doringbome onder die water - so met gewone hengel gerei kan jy nogal baie vashaak.

Dis n baie lekker dam om in die winter te hengel ( baie skoon) op die stadium behoort hy nog vuil te wees met al die reen wat julle gehad het.

Sover veiligheid betref het dit die laaste jaar of twee baie versleg - so erg dat die manne aan die een kant van die kamp sit terwyl die ouens goed aan die ander kant uit die tente steel. Die kante is baie bebos, so jy kamp tussen en onder die bome.

Beste is om n gillie saam te neem om kamp op te pas.

Jy sal nie sommer in die aand probleme optel nie - die plek is nog baie wild met groot bobejane en ander roofdiere in die omgewing.

Fantastiese plek - moeilik om met n sedan motor in te gaan - maar seker nie ontmoontlik nie.

 

groete
 

FritzH

New member
Baie dankie vir jou input Coop.

Dink jy nie 'n mens sal iewers in die bolope 'n area kry wat gelyk is waar mens kan kamp nie?  Ek dink jy is reg as jy sê die dam is baie diep en mens sal moet in die bolope vir karp hengel. Dit is juis daar waar ons daardie mooi vis sien spring het.

Is die hele oewer stamgrond? As ek 'n plek identifiseer waar ek wil kamp (in die bolope) , kan ek maar net voortgaan of het ek toestemming nodig?
 

coop

Member
FritzH

Daar is drie kamplekke wat jou gemaklik by die water sal laat uitkom - insake die hengel vir karp kyk na die gruiskoppie op die dokument waarna ek verwys, hierdie is ook n spon bed vir die geles in die lente.

sover ek weet is die res van die dam omhein met plase en ek het nog geen ander toegangs roetes tot by die dam gesien of gekry nie.
 

Attachments

  • taung.doc
    527 KB · Views: 66

FRITZABU

Sealiner
Lyk na 'n baie mooi dam .

Ek het as kind, baie in die Harts rivier by Pokwane gevis.

My ouma/oom het daar geboer op die plotte naby die kanaal ,waar dit in die rivier loop . Mooi karpe gereeld daar gekry.
 
Ek wil nog daai dam vang.

Veiligheid is geen probleem met 'n swart pitbull of swart boerboel nie hehe.

Ek het baie jare terug groot vis in die dam gesien, maar jy gaan met gespesialieseerde gerei moet hengel vir hulle want daar is baie snags.
 

jarttt

New member
Fritz great looking dam! It is the right age for big carp and the bass size is another good indicator. the climate in that area we know is right (think DD Klaserie buffels etc) that there are so many yellows can be bad for carp as i find they can outcompete carp for food. If the dam level drops a lot in dry season you are onto a winner. good luck!
 

FritzH

New member
Ek gaan oor so 3 weke weer vir bass probeer (hierdie keer met 4x4), en weer in die inloop van die dam kyk vir features en 'n plek om te kamp.


Stefan laat weet my asb hoe jy gevaar het as jy eendag die dam aandurf. Sal graag wil hoor.
 
Daai eendag gaan nog 'n ruk wees. Ek kom nog min op Vaalhartz want die pekanneut bome is nog klein maar soos die boerdery daar meer aandag verg sal ek meer opgaan. Ek het ook 'n uitnodiging om die ou Rob Ferreira oord te gaan vang. Daar is glo ook groot karp en babers.
 
Top