Hallo

Odin*#*

New member
Hallo aan almal,ek is nuut op sealine en redelik nuut met see vang.Vang nou vir so 4maande met geen geluk nie ,maar nadat ek deur die Bait Presentations deel op die forums gewerk het kan ek verstaan hoekom niejavascript:emoticon(':fbash', 'images/emoticons/f3.gif').Ek hoop om nog baie meer hier teleer en later tekan help met die volgende newbies javascript:emoticon('::tight:', 'images/emoticons/tightlines.gif')
 
Hi daar, ;) Ek het ook die maand eers aangesluit.  Ek is in Gauteng en sleep my arme man oral saam rond om vis te vang.

Ek het ons ingeskryf by Alberton Klub die maand en gaan vir die eerste keer die naweek iets leer, ha ha ha.

Hulle vang by Vaaldam "Buurman" oord, en ek kan nie wag nie.

So wat geniet jy die meeste, aangesien jy by die kus is, vang jy van rotse af, maar doen julle diepsee?

Sal ophoogte hou van ons naweek weg.  (Gewoonlik voer ons vis, want byt kry ons nie)

Vissie

 

 
 

kaspaas

Sealiner
Woordjie van verwelkoming aan beide Odin en Swem vissie swem van Gautengeleng. Mens kan baie leer by hierdie Forum. Soek maar rond onder die onderwerpe wat binne julle belangstellingsvelde val en vra indien iets nie duidelik is nie.

Ek wens my vrou was so geesdriftig oor hengel dat sy my sou wou hengelwaters toe sleep. Hy is voorwaar een gelukkige bogger!

@Odin, ek sien jy is in die Kaap. As jy belangstel kan jy gerus kom kyk wat ons aanvang hier by Sealine Social Edibles Club: Western Cape, of sommer net SSEC:WC soos ons bekend staan. Ons is 'n sosiale hengelklub wat onder die vaandel van Sealine gestig is. Ons teiken slegs eetbare vis en poog om "catch and release" te bevorder. Ons lede help ook graag nuwelinge in ons sport.
Kyk verder af op hierdie web werf na ons sub-forum. Ons plaas gewoonlik kennisgewings van ons vergaderings en maandelikse kompetisies onder ons "Announcements" thread. Maak kontak en kom kyk of jy gemaklik is met ons.

Die bal is nou in jou skoot....
 
Top