Grondvoer

jorriej

New member
Ek kry die mooiste nr1 geel grid in bloemfontein,ek meng dit saam met my popcorn voer. Baie redeneer dat dit nie gewig gee nie.Ek dink we'll so en dat die grid op die bodem bly en nie wegspoel nie.Daar is strome in n dam as wind waai. Wat dink julle?
 

PEETO

Senior Member
ek stem ek meng ook my grondvoer met chick chick en mielie rys om dieselfde rede.

Hou die vis geintreseerd op die voerkol.
 

Naruto

Sealiner
Iets wat ek by Enigma geleer het op Sealine... Werk nog altyd vir my. Verbeter n mens se kanse om ook groter vis op te tel.

Ekt wel al probleme gehad dat ek te veel chick-chick inmeng en dan bind my voer nie. Kan nogal n nagmerrie wees as mens n komp doen en jy kan nie verder as 40m cast nie haha!
 

PI

Senior Member
Ek wonder as jy ook mielierys kan gebruik. miskien is hulle bietjie te groot??? Wat dink julle?

PI
 

PEETO

Senior Member
ek berei my mielie rys voor in die micro, gooi ook so twee eetlepels suiker by die rys, en kook op high vir 25 minute, roer net die mielierys elke 7 minute, dit word lekker taai, baie lekker voer as die muddies saam speel.
 

jorriej

New member
Jy vat die mielierys gooi water oor met 1eetlepel groen floro. Sit in microgolf en kook. Werkdt goed deur.
 
Top