Graskarp

marios5

New member
Kan iemand miskien vir my se of daar 'n verskil is tussen gewone karp en graskarp? Indien wel, word graskarp op dieselfde manier met dieselfde lokaas en aas gevang as ander karp?
 

GTZA

Banned
mario5, die twee karpe is heel verskillende spesies alhoewel albei oorspronklik uit Asie kom. Die gewone karp (Cyprinus carpio) is 'n omnivoor (allesvretend) en oorheersend 'n bodemvoeder terwyl die graskarp (Ctenopharyngodon idella) streng herbivoor (plantvretend) is. Die graskarp is nie baie maklik om voor te hengel nie alhoewel 'n mate van sukses behaal kan word met groen draadagtige alge wat om 'n klein hoekie gedraai word.
 

Ryan

Sealiner
There is a very delicious afrikaans article in the July stywe Lyne which gives a fairly good description....
 
Top