Ons vang gewoonlik aan die soetdoring kant van die dam, jy ry heeltemal verby die damwal (as jy van Bloem af kom) en gaan by die hek in. Net na die hek vat die eerste afdraai links (om die bosse) hou aan met die pad, waar die pad weer by die water uitkom is waar ons vang of so paar 100meter weerskante.
Jy sal sien daar is oorblyfsels van ablusie geriewe basies reg voor dit.
Alle tipes aas werk maar, op karamel mielies het ons nog nooit in die laaste paar jaar geblank nie.
Groete
Jan