Frog Fishing

fannie

Banned
Ek was by Roddeplaat besig om babers te vang.  Ek kry toe daar in die gras 'n pofadder met 'n platanna in sy bek, en ons weet platanna's is goeie baber aas.

Ek besef natuurlik ook die pofadder kan my nie byt terwyl die platanna in sy bek is nie, en ek gryp hom toe agter die kop.  Die padda uitgehaal, hoe nou gemaak ?  Pofadders kan vinnig byt en ek begin wonder hoe om die ou te laat gaan sonder dat ek risiko loop om gebyt word.

Ek vat toe maar die brandewyn en gooi bietjie daarvan in sy bek.  Dit werk.  Die pofadder raak heeltemal slap en ek gaan sit hom in die gras daar eenkant.

Ek sit die platanna aan die hoek en gooi in, die babers kan maar begin byt.  Ek voel na 'n ruk 'n stamp teen my voet.  Sowaar dieselfde pofadder die keer met twee platanna's in sy bek...
 
Top