I wish I was the one behind the rod! I thik it was 140cm! I have no luck what so ever in mossel bay!! Think I need to learn more about the weather conditions and where to go!! If the members on sealine from mosselbay like ghost can help it would be appreciated.
Ja ek het gewwt na die suid wes sou hulle byt... Toe ek by die saal kom toe is die plekke klaar vol... Ek was nogal baie negatief maar dan is dit maar early bird...
Geluk aan die hengelaar dis 'n beaut van 'n kobbie daai!!! Ek was by die swembadjie en die haie het ons net pak gegee.
Waar is die swembadtjie? Ek was ees die ogend by pinicle point het een mooi run gehad op chokka, maar ht dit viloor, so dit was die suidweste wind wat gewaai het? Watter website gebruik jy om jou windrigtings, temp, lugdruk ect. Te kyk?
Ek kyk op so 3 verskillendes en dan gaan staan ek buite en voel van wa die wind waai... SO ek ken die rigtings al baie goed. As jy op die saal 'n kobbie wil vang dan soek jy hom sterk suid wes vir 2 tot 3 dae. Dan kom hulle baie uit!!! Die water by die saal kry mooi kleur van daai wink en daar vorm 'n mooi skuim kol voor die saal na die wind gewaai het. Jy gooi regs dat jy voor die punt van die los klip in die sterk werkende water le vir die kob.
Slide volgende keer 'n strepie....
Die swembadjie is naby aan vleesbaai. Jy parkeer binne vleesbaai en stap so 300m regs dan kom jy daar uit. Dit is 'n lekker plek vir haie en garic maar die struktuur in die water maak dit moeilik om groot nunus daar te land. Ek die bronzies was skaam toe kom pla die verdomde whites ons heeltyd!!!
So die beste is wanneer die suidweste wind waai?? Geld dit vir ander spots ook in die omgewing? Ek het sondag so bietjie gan kyk hoe die water lyk by suiderkruis op die pad links van die parkering en op kleinbrak, dit het mooi gelyk maar lol vir my lyk alles altyd reg! Wat verstaan jy onder lugdruk hoeveel moet dt wees of wanneer moet jy by die water wees?
Die beste vir kob op die saalmis na die suid wes... Maar die beste vir van die strand af by Kleinbrak en die areas is maar na die suid oos. Maar die beste beach is boggoms baai, Kleinbrak en dan dwarsweg strand en pienaar strand. Moet ook nie danabaai afskryf nie!!! Gooi livies en jy sal kob kry! En ckokka en seekat poot ook.
Die beste vir kob op die saalmis na die suid wes... Maar die beste vir van die strand af by Kleinbrak en die areas is maar na die suid oos. Maar die beste beach is boggoms baai, Kleinbrak en dan dwarsweg strand en pienaar strand. Moet ook nie danabaai afskryf nie!!! Gooi livies en jy sal kob kry! En ckokka en seekat poot ook.
dwarsweg strand en pienaar strand, waar is hulle 2? Suidwes. - Fransmanshoek. Suidoos - Suiderkruis, Kleinbrak en? Boggomsbaai? So jy stuur jou nie veel aan barometric pressure en water temp nie? Ek wil n tipe van n inventory opstel om waar wanneer te gaan. Want ek blank lelik!
As die druk hoog is en dit voel bedompig gaan gooi! Ook as jy langs die see staan en jy kry daai sterk reuk wat ruik soos 'n oester wat nou net oop gemaak is dan is die weer reg! Hulle soek hom lekker bedompig en humied! Ook as dit mistig is dan gooi ek vir eds. Maar die plekke wat ek van praat is naby glentana.
Dis is ook baie goeie plek vir steenbras en grunter en groot stomp neuse. As jy baie blank, try 'n seekat poot en gooi hom 'n ent agter die drop en stel jou stok. Iets sal jou optel!!!