Ek gaan saam met my familie Pienaardam toe naby mi

wmpruis

New member
Ek gaan saam met my familie Pienaardam toe naby middelburg.

Ek wil uitvind of iemand 'n lekker resep het vir 'n soet wit degie. EK het semolina ook gekoop om dit dalk te probeer.

Weet iemand watse dips werk lekker daarso, daar is nie baie inligting oor hierdie dam nie, en ek weet nie regtig waar om te begin nie.

watse traces kan ek probeer?

Ek het die mense daarso gebel en hulle weet self nie waarmee die mense daar vang nie.

Enige inligting sal hartelik waardeur word.
 

Naruto

Sealiner
Ek ken nie self die dam nie, maar ek kan vir jou n resep gee vir n SWD.

Vat n klein houertjie. Gooi so teelepel damwater in. Voeg n teelepel bruisuiker by en roer tot suiker opgelos het. Voeg koekmeel bietjie vir bietjie by terwyl die mengsel geroer word. As die deeg ophou vasplak aan die kante is dit gereed om gebruik te word. Jy kan dit geur deur geursel by die water te voeg of die water te vervang met die geursel van jou keuse.

Semolina deeg doen mens dieselfde, maar dit word pap aangemaak en laat staan vir so 10minute. As dit na 10minute nog pap is, voeg bietjie semolina by. Semolina deeg hou langer as koekmeel deeg.

Jy kan ook die degies in n banksakkie plaas. Seël dia sakkie en gooi in n kokende ketel of in kookwater vir so 30-60 sekondes. Dit kookk die degie en die dagies werk dan eers lekker aan die hoek. DIe gekookde degie hopu ook langer langs die water. Om jou degies ook langer te lat hou kan jy dit in jou coolbox sit instede as om dit in jou kas te hou.
 

Naruto

Sealiner
Ja jy kan. Hou dit dan net in die yskas tot jy vertrek. Maar ek verkies n vars degie bo een wat al n paar dae oud is. Dit vat tog nie so lank om n degie te bou nie.

Ek gebruik tans Carp World se semolina degies nou al n jaar lank. Moet sê, dit werk baie goed en word nie sleg nie. En mens kry dit n verskeie geure. Maar sodra ek sien die vis byt nie, maak ek sommer n nuwe degie daar langs die water.
 

wmpruis

New member
Naruto dink jy glyserine sal die degie meer aanloklik maak vir die vis? Indien so, hoeveel moet ek byvoeg?
 

Naruto

Sealiner
Ek het nog nooit dit probeer nie, maar ek weet daar is ouens wat dit gebruik. As ek jou nou kan raad gee na al my toetse met aas ens is dat n gewone degie soos ek hom eerste verduidelik het die beste resultate oplewer. dit vat letterlik 30 sekondes om te maak en gaan die beste resultate oplewer. Die groot idee met die degie en self n floatie is dat dit daar tussen jou mieliebom op die bodem lê. die vis kom en suig die kos op. Jou aas word dan ook opgesuig in die proses want dit vertoon as deel van die voer. Het iemand al probeer om met n klein degie op n hoek te hengel sonder grondvoer? Jy gaan verseker lank wag vir n byt.
 

wmpruis

New member
Dankie Naruto, ek sal bly by die oorspronklikke degie soos jy verduidelik het.

soos Louwtjie op vaskap sê, "As dit vir my werk moet dit vir jou werk". :hyst:
 
Top