DIE verwysing na duiwelsdrek het die nuuskierigheid geprikkel, want hoewel die naam oral oor gebruik is, weet min mense presies wat dit is. Die woordeboek gee sommer gou die antwoord: asafoetida.
Dis 'n krui met die botaniese naam ferula assafoetida wat in Asië voorkom en sy noemnaam devil's dung (duiwelsdrek) kry hy van sy skerp en vir sommiges onaangename reuk. Die reuk word veroorsaak deur dieselfde chemiese bestanddele wat aan uie en knoffel hul kenmerkende reuk gee.
Die gom wat van die wortel en risome verkry word, word as 'n bestanddeel in Worcestershire sous gebruik, en in die kombuis word dit in baie klein hoeveelhede by Asiatiese geregte gevoeg.
Bron: Die Burger ('n Kaapse Afrikaanse Koerant). 3 Februarie 1997.