Duiwelsdrek

G

Guest

Guest
Hi daar,

Het iemand dalk n resep om dip te maak van lennons se duiwelsdrek?
 

Brakkanjan

Senior Member
Een van my pelle gebruik die volgende resep,dit werk oop kole en ek het hom al resultate sien kry: Ilovo Karamelstroop, gooi die hoeveelheid stroop uit wat die lennons is. Gooi 'n eetlepel groen A-graad Floro in en dan die Duiwelsdrek. Sit so paar sekondes in die mikrogolf,nie te lank nie,letterlik net 'n paar sekondes om die bottel nie te smelt nie. Jy kan maar baie op die bol gooi, jy hoef nie skaam te wees nie. ;)
 

christodeb

Senior Member
Koop 'n bottel FX (100ml boldip) van Supercast en gooi 'n hele bottel(30ml) duiwelsdrek in. Dis 'n baie great dip en werk goed saam met tjop tjop of kiana.
 

Optimus

Member
Neem 100ml Tjop tjop en gooi 4 proppies van die DD in. Seker so 10 ml. Jy moet die DD net net ruik saam met die Tjop Tjop. Koop vir jou ñ bottel Skunk dit is Kiana en DD.
 
G

Guest

Guest
Optimus, is daai skung dieselfde as Carp world se Muishond?
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het al gewone Koo pitte ingele in Moirs se caramel essence en duiwesdrek. Dis nou as ek bietje wegbreek en gaan kamp.

Goeie size karpe ook so gekry. Try hom as jy pitte wil gooi.Verlede jaar by Bronkies 'n 4kg karp so gevang nadat ons lyne 250 meter uitgevat het.
 

Optimus

Member
Het uit gevind by Catch 1195 wat die oorspronklike skunk gemaak. Hy se dit is nou muishond wat versprei word deur carpworld. Hy is die oorspronkl;ike ou wat dit ooit gemaak het. Probeer dit gerus dit werk.
 
Top