Op i Mei 2010 het ons ons maandelikse klub kompetisie by Draaifontein Vaaldam gehad. Met die baie reen die laaste week het ons die planne begin in die kop reg kry oppad na die dam toe. Ons het ingeskryf en so maar bietjie met die res van die manne gesels. Rugby was hoog op die besprekings lys en so nou en dan het die weerlig ook sy teenwoordigheid aan gedui.
Gaan die weer n faktor speel, ja defnitief. Net so na uur of wat hier in die omgewing van 07:00 het die reen begin. Darem genoeg tyd vir ons gegee om op te slaan die stokke in die water te kry en dan nog n lekker koppie koffie aan mekaar te slaan. O ja en genoeg tyd om die waders ann te trek. Ons hengelplek was so links af gewees met die oewer so ver as wat ons nog n plekkie kon kry. Ons het n oop kol gekry tussen n paar bome en het gou agter gekom dat die vis nie diep is nie. Die reen het so met n sirkel om die dam gegaan en net as jy dink dit is verby dan begin die weer maar swaar raak en dan reen dit weer. Het werklik eers so by 14:00 die son sien skyn vir die dag.
Al vier seisoene het ons ontmoet deur die dag, maar die reen het oor hand gehad.Gou was my penmaat aan met n karp wat die Shimano lekker laat hardloop het. Ons het die karp so in die reen geskep. Hy vang toe nog een en toe begin die ding in my kop plae dat ek tog net nie vandag moet blank nie. Net toe ek weer wil nuwe aas aan sit besluit my regter kan se katrol hy maak my gou wakker en vang ek nmooi karpie van so by n kilogram. Ja en dit reen nogsteeds. Gelukkig waai die wind nie te kwaai nie. By ons vorige kuier by Draaifontein het my pen maat my ore aan gesit.
Ek laai die stok weer en gooi hom weer so op 60 - 70 meter. Ek kry n mooi reel run weer en maak vas. My pen maat se katrol hardloop terwyl hy wil help om te skep, en ek se gooi die net in die water ek sal self reg kom. Ek voel aan die punt van die 12 voet Sensation stok dat ek n mooi vis aan het en net toe ek die drag op die Shimano wil stel toe besluit hierdie vis hy draai om en wil terug dieper water toe. Maar dit is te laat vir my en hy breek my. Swaar was my gemoed want dit wragtig soos n mooi vis gevoel.
My penmaat vang so deur die dag 6 visse en ek 5. Hy vang toe ook toe sowaar n 3kg graskarp. Later die middag het dit lekker warm geword en kon ons al die ekstra klere begin uittrek. By die inweeg het daar baie groot graskarpe uitgekom en dit is verblywend om dit te sien. Moet ook se hy het 8 visse gevang maar toe ons die nette uithaal om te gaan weeg sien hy dat daar n gat in die net is. Net daar is nuwe net bestel en sal hy hom he met die volgende kompetisie.
Nou ja watter aas het ons gebruik: SWD met verskillende kleure floaties - geel,rooi en plein. Ons het ook so nou en dan die SWD gedip in Bluegum. Op die bol was maar FX, Perdeby, Cina 4, Bunspice 32, BG, Stuttafords, Devilsfork,O4.
Alhoewel dit baie gereen het was dit baie lekker en het ons die dag baie geniet.
Ons volgende kompetisie is by Lasts Farm, as enige iemand raad het laat weet asseblief.
Tot volgende keer stywe lyne.
Gert :fishn