Die foto...

awsum

Senior Member
Die ou loop die oulikste meisie in ’n dansplek raak.
Hulle kliek dadelik en eindig later die aand in die meisie se slaapkamer op.
Op haar spieëltafel is daar ’n foto van ’n man.
“Wie is dit?” vra die ou.
“O, dis niemand nie!” sê die meisie.
“Dis nie dalk jou man nie?” vra hy agterdogtig.
“Nee glad nie!” belowe sy plegtig.
“Is dit jou kêrel?” vra hy steeds agterdogtig.
“Nee, ek het nie so iets nie. Los nou die foto en soen my!” antwoord sy.
Aand ná aand is dit dieselfde storie. Die ou kan net nie uitvind wie die kêrel op die foto is nie en dit pla hom vreeslik.
Ná baie maande besluit hulle om te trou. Op die eerste aand van hul wittebrood dring die man daarop aan om te weet wie die ou op die foto is.
“Nou as jy regtig moet weet,” sê sy, “dit is ’n foto van my – voor my operasie!”
 
Top