Dam vs Rivier baber

Kosie

New member
Dink julle manne die riviere (veral laer oranje) het regtig groter babers as ons damme bv Harties, Vaaldam, Bloemhof? My common sense se vir my die damme moet groter babers he, daar word nie 40kg babers in ons damme gevang wat ek van weet nie?
Wat dink julle?
 

DWB

Sealiner
Ek dink my omgewing het hopeloos te min babers en julle manne daar bo moet ophou kla....:fbash:):wfish

Hehehe... Trek net jou been
 

Kosie

New member
Al waaroor ek kla is dat ek nie daai monsters hier gevang kry nie, ek is opsoek na verskonings!
 

Fanie

Sealiner
Kosie,

Mens vang babers makliker in vlak water as in diep water. Dieselfde babers is in die rivier as in die dam, maar ek dink hulle reageer verskillend, water diepte en water spasie om hulle. Ek dink die dam babers is meer oordadig as die in die rivier. Kan ook wees omdat bv bote meer steurend in die rivier is as in die dam.

Mens moet partykeer bietjie werk om die groter babers te kry. In stede van om die eerste beste een te vang wat waarskynlik 4 - 8kg is, laat hom verbygaan en kyk of die groter een nie wil op kom nie.

Ek het geen manier om dit te bewys of om te bevestig dat dit so is nie maar ek het al baie keer die indruk gekry dat daar 'n klompie klein babers om 'n grote is. Die kuns is om die kleintjies bo geamuseerd te hou om die grote kans te gee om ook op te kom. As die kleinties wegswem of skrik is die kans goed die grote gaan ook nie op kom nie. As ek die grote sien probeer ek die loodkop op sy bolip neersit. Werk nie altyd nie.

Dit lyk darrem mooi as die baber so op die oppervlak uitskiet agter prooi aan en sy snorbaarde staan sommer so reguit vorentoe.
 

Skuimkop

Sealiner
Kosie ek dink ook daar is treine in ons damme maar wat my ook pla is die feit dat hulle nie gevang word nie. Ek spekileer nou maar een rede kan wees omdat daar soveel meer water massa in damme is as in riviere wat ons moet 'cover' om by die grootes te moet uitkom en dan dink ek ook die groot babers het 'n aanpassing gemaak om in diep water jag te maak en ons oewer manne kom nou maar net eenvoudig nie daar uit nie. In my opinie as daar eendag 'n 30 tot 40 kilo baber in 'n dam gevang gaan word sal dit 'n boot hengelaar wees.

Ps: Daar is laas jaar deur beamptes van natuurbewaring naby Gariep dam se inloop 'n baber wat hulle geskat het oor die 50 kilogram moes gewees het en langer as 2 meter was in onwettige nette dood gevind. Hy was al wit en besig om te ontbind en hulle kon hom toe nie weeg nie. Blykbaar 'n naar spul gewees.
 

Fanie

Sealiner
In my opinie as daar eendag 'n 30 tot 40 kilo baber in 'n dam gevang gaan word sal dit 'n boot hengelaar wees.
Kan ook wees omdat bv bote meer steurend in die rivier is as in die dam.


Ek dink baie van ons het al sulke babers aan gehad. Die verskil is soos tussen 'n 50 en 'n 1100 motorfiets, dis net heeltemal in 'n ander klas. Om mee te begin is jy nie voorbereid op wat gaan kom nie en jou gerei is waarskynlik ook nie opgewasse daarvoor nie.

Babers baklei vuil, as hy die omgewing ken swem hy om die eerste best boom en ek verseker jou 'n groter as selfs 30kg baber breek daai 120lb lyn soos garing. Die probleem is 50kg lyn is alreeds wat meeste mense met hulle arms nie meer kan trek nie - en iets moet gee. As die katrol gee dan swem hy om die boom, as jou arms gee word jy brand arm, en as jy gee dan word jy 'n dam duiker :-D So besluit maar self 'what gives'.
 

Fanie

Sealiner
Ek het al op die boot gestaan en sien hoe die baber af duik bodem toe en sy kop in die klippe heen en weer skraap dat jy net klippe en ka... ek meen kluite sien trek om die lyn af te probeer kry. Wag tot jy hom in die boot kry en hy probeer jou byt as jy die hoek wil uithaal.

Dis nogal lekker hoor, veral as hy dit so half en half regkry terwyl jy jou hand wegruk, en as jy nie jou hand wegruk nie dan word jou vinger so 2mm dik terwyl jy kliphard bid hy begin nie te rol nie. Kon nog nooit verstaan waarom iemand een oomblik kliphard bid en die volgende oomblik swets soos 'n matroos nie :-D
 
Top